Olimpiese Somerspele 1932

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Spele van die Xe Olimpiade
Olimpiesespele van 1932

Gehou in Los Angeles, Verenigde State
Deelnemende lande 37
Deelnemende atlete 1 332 (1 206 mans, 126 vroue)[1]
Items 117 in 14 sporte
Openingseremonie 30 Julie 1932
Sluitingseremonie 14 Augustus 1932
Amptelik geopen deur Adjunkpresident Charles Curtis
Atlete-eed George Calnan (skermer)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam (sedert 1936)
Vorige Spele 1928: Amsterdam (Nederland)
Volgende Spele 1936: Berlyn (Duitsland)

Die Olimpiese Somerspele 1932 (Engels: 1932 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die Xde Olimpiade, is tussen 30 Julie en 14 Augustus 1932 in Los Angeles, Verenigde State, aangebied. Daar was geen andere stede wat hulself as kandidate beskikbaar gestel het nie. Aangesien die Spele van 1932 plaasvind tydens 'n groot ekonomiese krisis, die Groot Depressie, was daar heelwat minder deelnemers as op die vorige spele in Amsterdam. Die lang reis wat die atlete moes meemaak om tot in Los Angeles te kom het ook 'n rol in die lae deelnemerstal gespeel. In 1932 het die Verenigde State ook die Olimpiese Winterspele aangebied, in Lake Placid in die Adirondack-gebergte.

Sporte[wysig | wysig bron]

Die Olimpiese Stadion in Los Angeles tydens die openingseremonie

14 Olimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.

Deelnemende nasies[wysig | wysig bron]

Kaart van deelnemende nasies in 1932: ██ Neem vir die eerste keer deel ██ Het reeds vantevore deelgeneem

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname[wysig | wysig bron]

Lawrence Stevens (Liggewig) en David Daniel Carstens (Ligswaargewig) wen goue medaljes en Ernest Peirce (Middelgewig) wen die brons medalje in boks.

Jenny Maakal wen die brons in die 400 m vryslag en Marjorie R. Clark wen die brons medalje in die 80 m hekkies wedloop.

Aantal medaljes[wysig | wysig bron]

Die Japannese Takeichi Nishi met sy Olimpiese perd Uranus tydens die Olimpiese Spele

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1 Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA) 474 41 32 30 103
2 Vlag van Italië Italië (ITA) 112 12 12 12 36
3 Vlag van Frankryk Frankryk (FRA) 103 10 5 4 19
4 Vlag van Swede Swede (SWE) 81 9 5 9 23
5 Vlag van Japan Japan (JPN) 157 7 7 4 18
6 Vlag van Hongarye Hongarye (HUN) 58 6 4 5 15
7 Vlag van Finland Finland (FIN) 40 5 8 12 25
8 Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (GBR) 108 4 7 5 16
9 Vlag van Republiek van Weimar Duitsland (GER) 134 3 12 5 20
10 Vlag van Australië Australië (AUS) 12 3 1 1 5
15 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (RSA) 12 2 0 3 5

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) The Olympic Summer Games Factsheet”. Internasionale Olimpiese Komitee. URL besoek op 10 Augustus 2016.

Verdere leesstof[wysig | wysig bron]

  • (de) Karl Lennartz/Wolf Reinhardt/Ralph Schlüter (2015). Die Spiele der X. Olympiade 1932 in Lake Placid und Los Angeles. Agon. ISBN 978-3-89784-406-3. 
  • (de) Volker Kluge (1997). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 1. Athen 1896 – Berlin 1936. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00715-6. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:


Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896 · 1900 · 1904 · 1906* · 1908 · 1912 · 1916 · 1920 · 1924 · 1928 · 1932 · 1936 · 1940 · 1944 · 1948 · 1952 · 1956 · 1960 · 1964 · 1968 · 1972 · 1976 · 1980 · 1984 · 1988 · 1992 · 1996 · 2000 · 2004 · 2008 · 2012 · 2016 · 2020

Olimpiese Winterspele: 1924 · 1928 · 1932 · 1936 · 1940 · 1944 · 1948 · 1952 · 1956 · 1960 · 1964 · 1968 · 1972 · 1976 · 1980 · 1984 · 1988 · 1992 · 1994 · 1998 · 2002 · 2006 · 2010 · 2014 · 2018 · 2022
Internasionale Olimpiese Komitee - Nasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.