Oesbekistan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ўзбекистон Республикаси
Oʻzbekiston Respublikasi
Republiek van Oesbekistan
Vlag van Oesbekistan Embleem van Oesbekistan
Vlag Embleem
Volkslied:
O'zbekiston Respublikasining Davlat Madhiyasi
Ligging van Oesbekistan
Hoofstad Tasjkent

41°16′N 69°13′O

Grootste stad Tasjkent
Amptelike tale Oesbekies
Regering Unitêre presidensiële
republiek
Islam Karimof
Shawkat Mirziyoyef
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• Vorming
Oesbekiese SSR
• Verklaar
• Erken
• Bereik

van die Sowjetunie
1747
27 Oktober 1924
1 September 1991
8 Desember 1991
25 Desember 1991
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
448 978 km2  (56ste)
172 742 myl2
4,9
Bevolking
 - 2013-skatting
 - Digtheid
 
30 183 400[1][2] (41ste)
61,4 / km2 (136ste)
159,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2014-skatting

$123,577 miljard[3] (69ste)
$4 038[3] (135ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2014-skatting

$61,720 miljard[3] (73ste)
$2 017[3] (136ste)

MOI (2013) 0,661[4] (116de)  –  medium
Gini (2003) 36,8(95ste) –  medium
Geldeenheid Som (UZS)
Tydsone
 - Somertyd
UZT (UTC+5)
nie toegepas nie (UTC+5)
Internet-TLD .uz
Skakelkode +998

Oesbekistan of Oezbekistan is 'n land in Sentraal-Asië, wat van 1924 tot 1991 by die armste republieke van die Sowjetunie gereken word. Sy hoofstad is Tasjkent (Oesbekies: Tosjkent) met 2 229 400 inwoners (2005). Danksy 'n uitgestrekte besproeiingsstelsel is die republiek die Sowjetunie se vernaamste verskaffer van katoen.

In 1991 is die bevolking teensinnig om die onafhanklikheid van Rusland te aanvaar; lidmaatskap in 'n statebond met Rusland word veral om ekonomiese redes as voordelig beskou. Die ekonomiese agteruitgang skep 'n groot probleem vir die regering; tydens die Sowjetse heerskappy vind nog 'n grootskaalse industrialisering nog 'n russifisering plaas. Die regering tree gereeld met geweld teen die opposisie en Islamitiese fundamentaliste op. In Mei 2005 sterf meer as 1 000 betogers en soldate, nadat onluste in die stad Andisjan uitbreek.

Demografie[wysig]

Sowat 75 persent van die bevolking is Oesbeke, ses persent is Russe, vyf persent Tadjik en vier persent Kazak. 74.3 persent van die inwoners praat Oesbekies ('n Turkse taal) en 14 persent Russies. 88 persent van die Oesbeke is aanhangers van die Islam, nege persent is Ortodokse Christene.

Protestantisme[wysig]

Protestante maak minder as 1% van die bevolking van Oesbekistan uit. Die Evangelies-Lutherse Kerk in Oesbekistan is 'n kerk met sewe gemeentes. Die biskop se setel is in Tasjkent en die sinode se voorsitter is Gilda Raspopowa. Nuwe gemeentes mag nie gestig word nie, maar daar bestaan wel huiskerke van Oesbeke. Duisende Oesbeke het na 1991 die Christengeloof aangeneem. Christene word egter baie negatief voorgestel en word beskou as lede van 'n ekstreme kultus. In 2006 is 'n wet gepromulgeer wat 3 jaar gevangenestraf voorskryf vir die druk van godsdienstige boeke. Die regering vervolg Christene ekstensief, en in afgeleë streke ook sterk druk op Christene geplaas uit Islamitiese oorde.

Verwysings[wysig]

  1. (ru) Official population 5 September 2013”. Stat.uz: 5 September 2013. URL besoek op 13 Augustus 2014.
  2. (ru) Численность населения Узбекистана превысила 30 млн. человек”. Uzreport.com: 5 September 2013. URL besoek op 13 Augustus 2014.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) Oesbekistan”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 13 Augustus 2014.
  4. (en) 2014 Human Development Report Summary”. pp. 21-25 United Nations Development Programme: 2014. URL besoek op 13 Augustus 2014.

Bronnelys[wysig]

Protestantisme


 
Lande van Asië

Afghanistan | Armenië2 | Azerbeidjan1 | Bahrein | Bangladesj | Bhoetan | Broenei | Egipte | Filippyne | Georgië1 | Indië | Indonesië | Irak | Iran | Israel | Japan | Jemen | Jordanië | Kambodja | Kasakstan1 | Katar | Kirgisië | Koeweit | Laos | Libanon | Maledive | Maleisië | Mianmar | Mongolië | Nepal | Noord-Korea | Oesbekistan | Oman | Oos-Timor | Pakistan | Palestina | Rusland1 | Saoedi-Arabië | Singapoer | Siprus2 | Sirië | Volksrepubliek van Sjina (Sjina) | Sri Lanka | Suid-Korea | Tadjikistan | Thailand | Turkmenistan | Turkye1 | Verenigde Arabiese Emirate | Viëtnam

Omstrede gebiede: Abchasië - Nagorno-Karabach - Republiek van Sjina (Taiwan) - Suid-Ossetië - Turkse Republiek van Noord-Siprus

Afhanklike gebiede: Australië: Kerseiland - Kokoseilande | Verenigde Koninkryk: Akrotiri en Dhekelië2 - Britse Indiese Oseaangebied | Volksrepubliek van Sjina: Hongkong - Macau

1. Land deels in Europa. 2. Geografies in Asië, maar gereeld beskou as deel van Europa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.

Lande van: Afrika Europa Noord-Amerika Oseanië Suid-Amerika