Gaan na inhoud

Patricia Kopane

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Patricia Kopane
Patricia Kopane
Kopane in 2009

Provinsiale leier van die Demokratiese Alliansie
Ampsbekleër
Termynaanvang
17 September 2012
Voorafgegaan deur Roy Jankielsohn

Ampsbekleër
Termynaanvang
6 Mei 2009

Persoonlike besonderhede
Gebore 23 Julie 1966 (1966-07-23) (58 jaar oud)
Bloemfontein
Politieke party Demokratiese Alliansie
Eggenoot/-note Mojalefa Kopane

Semakaleng Patricia Kopane (gebore 23 Julie 1966) is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Sy dien tans as lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Demokratiese Alliansie. Sy is die party se skaduminister van openbare werke en infrastruktuur en die DA se provinsiale leier in die Vrystaat.[1] Kopane het al die gesondheid (2017–19; 2012–14), openbare werke (2015–17) en maatskaplike ontwikkeling (2009–12; 2015–17) portefeuljes in die skadukabinet behartig.[2] Sy was die DA se onsuksesvolle Vrystaatse premierskandidaat in die 2019-verkiesing.[3]

Kopane se huweliksmaat, Mojalefa Kopane, is in 2019 oorlede.[4] Haar vader, James Letuka, dien as lid van die Vrystaatse provinsiale wetgewer.[5]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Patricia Kopane re-elected DA Free State leader Geargiveer 5 Februarie 2020 op Wayback Machine. The Citizen.
  2. Patricia Kopane. Demokratiese Alliansie. Besoek op 27 Junie 2020.
  3. (en) Petersen, Tammy. Patricia Kopane named as DA Free State premier candidate Geargiveer 27 Junie 2020 op Wayback Machine. News24. 11 September 2018. Besoek op 27 Junie 2020.
  4. (en) DA leader loses husband to cancer. Bloemfontein Courant. Besoek op 27 Junie 2020.
  5. (en) DA dismisses nepotism allegations. Bloemfontein Courant. Besoek op 27 Junie 2020.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]