Charles, Prins van Wallis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Charles
Prins van Wallis, Hertog van Rothesay
Prins Charles van Engeland
Prins Charles van Engeland
Volle naam Charles Philip Arthur George
Eggenote Diana, Prinses van Wallis (1981-1996)
Camilla, Hertogin van Cornwall (sedert 2005)
Kinders William
Harry
Titels SKH die Prins van Wales
SKH die Prins Charles, Hertog van Rothesay
Huis Windsor
Vader Prins Philip
Moeder Elizabeth II
Gebore 14 November 1948; Buckingham-paleis, Londen
Geloof Kerk van Engeland
Standaard van Charles, Prins van Wales.
Die amptelike wapen van Charles, Prins van Wales.

Charles Philip Arthur George, Prins van Wales (14 November 1948) is die oudste seun en regmatige opvolger van die Britse koningin Elizabeth II. Sy amptelike titel is SKH die Prins van Wales, of in Skotland SKH die Prins Charles, Hertog van Rothesay. As hy sy moeder sou opvolg sal hy konstitusioneel koning word van die Verenigde Koninkryk, Kanada, Australië, Nieu-Seeland, Jamaika, Barbados, die Bahamas, Grenada, Papoea-Nieu-Guinee, die Solomoneilande, Tuvalu, St. Lucia, St. Vincent en die Grenadines, Antigua en Barbuda, Belize en St. Kitts en Nevis. Hy sal egter nie noodwendig die titel Hoof van die Gemenebes dra nie. Verder oorweeg die Britse kroonprins ook om na sy troonsbestyging te regeer as George VII en nie as Karel III (of Charles III). Hy kan dit moontlik doen uit eerbetoon aan sy grootvader George VI en omdat daar te veel negatiewe konnotasies aan die naam Charles hang.[1]

Biografie[wysig]

Jeug[wysig]

Prins Charles is in Buckingham-paleis gebore. Hy is die oudste seun van koningin Elizabeth II en prins Philip.

Eerste huwelik[wysig]

Prins Charles trou op 29 Julie 1981 op advies van sy oom Lord Mountbatten met die 20-jarige Lady Diana Spencer. Die paartjie het twee seuns - William (1982) en Harry (1984). Die huwelik is egter nie suksesvol nie. Charles het 'n buiteegtelike verhouding met sy vroeëre liefde Camilla Parker Bowles, en Diana begin ook buitegtelike verhoudings. Op 28 Augustus 1996 word die huwelik ontbind.

Tweede huwelik[wysig]

Op 10 Februarie 2005 maak die buro van Charles bekend dat Charles en Parker Bowles op 8 April 2005 in die huwelik sou tree. Die paartjie ken mekaar al sedert 1971. Beide koningin Elizabeth II en die Kerk van Engeland was vir 'n geruime tyd teen die huwelik gekant. Die huweliksbevestiging word later met een dag, na 9 April uitgeskuif sodat Charles en sekere gaste die begrafnis van Pous Johannes Paulus II kon bywoon.

Titels[wysig]

Die koninklike titels van die prins is:

  • Prins van Wales
  • Hertog van Cornwall
  • Hertog van Rothesay
  • Graaf van Chester
  • Graaf van Carrick
  • Baron van Renfrew
  • Heer van die Eilande
  • Prins en Opperhofmeester van Skotland

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]