Eden Gardens
Eden Gardens | ||
Eden Gardens
| ||
Bynaam | Cricket's answer to the Colosseum, Mecca of Indian Cricket | |
---|---|---|
Ligging | Kolkata, Wes-Bengale, Indië | |
Koördinate | 22°33′52.2″N 88°20′35.1″O / 22.564500°N 88.343083°O | |
Eienaar | Oostelike bevel van die Indiese Weermag | |
Operateur | Krieketvereniging van Bengal | |
Kapasiteit | 68 000 (tans) 100 000 (beplande uitbreiding)[1] 100 000 (1987–2010) 40 000 (voor 1987) | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1864 | |
Renovasie | 2010–11[2] | |
Huurders | ||
Indiese nasionale krieketspan (sedert 1934) Indiese nasionale vrouekrieketspan (sedert 1978) Kolkata Knight Riders (sedert 2008) Bengalese krieketspan (sedert 1889) Bengalese vrouekrieketspan Indiese nasionale sokkerspan (1982–1984) |
Eden Gardens is 'n internasionale krieketstadion in Kolkata, Wes-Bengale, Indië. Dit is in 1864 gestig en is die oudste[3][4][5] en tweede grootste krieketstadion in Indië en derde grootste ter wêreld. Die stadion het tans 'n kapasiteit van 68 000.[6]
Daar word dikwels na Eden Gardens verwys as die tuiste van Indiese krieket en word ook beskryf as "krieket se antwoord op die Colosseum"[7] en die "Mekka van Indiese krieket" genoem, omdat dit die eerste doelgeboude terrein vir die sport is.[8][9]
Eden Gardens het wedstryde in groot internasionale kompetisies aangebied, insluitend die krieketwêreldbeker, T20I-wêreldbeker en Asiatiese beker. In 1987 het Eden Gardens die tweede stadion geword om 'n wêreldbekereindstryd aan te bied. Die T20I-wêreldbeker 2016-eindstryd is in die stadion beslis, met die Wes-Indiese span wat Engeland in 'n hewige stryd geklop het.
Eden Gardens het in 1996 'n rekordskare van 110 564 gehad tydens die krieketwêreldbekerhalfeindstryd tussen Indië en Sri Lanka.
Stadion
[wysig | wysig bron]-
Eden Gardens se voorfassade
-
Die veld gedurende 'n toetswedstryd.
-
Die stadion voor die Krieketwêreldbeker 2011-opknapping.
-
Ná voltooiing van opknappings te Eden Gardens.
-
Aandfoto van Eden Gardens.
-
Eden Gardens huisves 'n IPL-wedstryd in 2023.
Die stadion is die hoofkwartier van die Krieketvereniging van Bengale. Afgesien van internasionale wedstryde, huisves die stadion die Bengaalse krieketspan en die Kolkata Knight Riders Indiese Premierliga-franchise. Die stadion se klubhuis is vernoem na die voormalige hoofminister van Wes-Bengale, dr. B.C. Roy.
Pawiljoene
[wysig | wysig bron]Eden Gardens se pawiljoene is vernoem na prominente plaaslike krieketspelers en soldate. Op 22 Januarie 2017 is twee pawiljoene vernoem na Indiese krieketspelers – Sourav Ganguly en Pankaj Roy, terwyl nog twee na krieketadministrateurs vernoem is – BN Dutt (BCCI President van 1988 tot 1990) en Jagmohan Dalmiya (BCCI President van 2001–04, 2013 – tussentyds).[10] Dalmiya het van 1997 tot 2000 as IKR-president gedien.
Ervaring
[wysig | wysig bron]Eden Gardens is bekend vir sy groot en passievolle toeskouerskares.[11][12] Die voormalige Australiese kaptein Steve Waugh beskou Eden Gardens as die "Lord's van die subkontinent".[13] Dileep Vengsarkar het Eden Gardens as die tweede beste na Lord's beskryf.[12] Die voormalige Indiese kaptein en 'n boorling van Kolkata, Sourav Ganguly, het tydens 'n onderhoud erken dat die geskreeu van die skare by die stadion wat hy gehoor het toe Indië Australië in die tweede toets van die 2000–01 Border–Gavaskar-trofee verslaan het, die hardste was wat hy nog ooit gehoor het.
In 2016 is 'n klok by die stadion aangebring om die begin van die dag se spel vir toetskrieket, en die begin van die wedstryd vir eendag- en T20I-wedstryde in te lui. Kapil Dev was die eerste persoon om die klok te lui, en wel vir die toetswedstryd tussen Indië en Nieu-Seeland in September 2016.[14]
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Krieketwêreldbeker 1987
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 1987.
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Krieketwêreldbeker 1996
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 1996.
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Krieketwêreldbeker 2011
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 2011.
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Ierland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Ierland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
T20I-wêreldbeker 2016
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: T20I-wêreldbeker 2016.
t
|
||
- Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reën verkort die wedstryd tot 18 boulbeurte per span.
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Krieketwêreldbeker 2023
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 2023.
t
|
||
- Nederland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (bn) "Rajrahat New Town Cricket Stadium: ২০২৫ সালেই নিউটাউনে শহরের দ্বিতীয় আন্তর্জাতিক ক্রিকেট স্টেডিয়াম, জানালেন সৌরভ". LatestLY. 13 Februarie 2023. Besoek op 16 Julie 2023.
- ↑ (en) Sharda Ugra (9 Februarie 2011). "Eden's exile from the action". ESPNcricinfo. Besoek op 16 November 2023.
- ↑ (en) "Eden Gardens, Kolkata". Raad vir Beheer van Krieket in Indië. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2020. Besoek op 16 April 2020.
- ↑ (en) "The CAB". www.cricketassociationofbengal.com. Besoek op 16 April 2020.
- ↑ (en) "Eden Gardens | India | Cricket Grounds | ESPNcricinfo.com". Cricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Julie 2017. Besoek op 19 November 2019.
- ↑ (en) "Eden Gardens, Kolkata, India | Eden Gardens Cricket Grounds, Match Schedule". NDTVSports.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2020. Besoek op 6 Augustus 2022.
- ↑ (en) "Colosseum and Eden Gardens". 30 September 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Julie 2018. Besoek op 14 Januarie 2017.
- ↑ (en) "Eden Gardens aka the 'Mecca of Indian cricket' gets wall art of almost four-storeys — See Photos". InUth. 8 November 2017. Besoek op 3 Julie 2020.
- ↑ (en) Biswas, Soutik (16 Desember 2011). "Rahul Dravid's recipe for reforming cricket". BBC News. Besoek op 19 Maart 2020.
- ↑ (en) "Eden Gardens stands named after Ganguly and Dalmiya". The New Indian Express. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2017. Besoek op 22 Desember 2017.
- ↑ (en) Premachandran, Dileep. "Time to get the Eden roar going across India". Wisden India. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2017. Besoek op 22 Desember 2017.
- ↑ 12,0 12,1 (en) Saeed, Umaima (4 Julie 2016). "Eden Gardens: A heritage plot of records and romance". Sportskeeda. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2017. Besoek op 22 Desember 2017.
- ↑ (en) "Eden Gardens is the 'Lord's' of sub-continent: Steve Waugh". Cricket Country. 19 Oktober 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2017. Besoek op 22 Desember 2017.
- ↑ (en) "India vs New Zealand: Kapil Dev inaugurates bell ringing ritual at Eden Gardens". Firstpost. 30 September 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2017. Besoek op 22 Desember 2017.
- ↑ (en) "Australia v England". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
- ↑ (en) "India vs South Africa Attendance 58,000 Kolkata CWC Match Report 2023". The Cricket Blog. 6 November 2023. Besoek op 16 November 2023.
- ↑ (en) "England vs Pakistan Kolkata Attendance 37,661 Cricket World Cup 2023 Eden Gardens". The Cricket Blog. 11 November 2023. Besoek op 16 November 2023.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Eden Gardens.
- (en) Eden Gardens op ESPNcricinfo