Phumulo Masualle

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Phumulo Masualle is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Hy was die Premier van die Oos-Kaapse provinsie sedert sy aanstelling in 2014 tot in Mei 2019. Masualle is 'n lid van die African National Congress (ANC) en dien tans in die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika.