Samoaanse nasionale rugbyspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Samoa nasionale rugbyspan)
Spring na: navigasie, soek
Samoa
Samoa Rugby.jpg
Unie Samoa Rugbyvoetbalunie
Bynaam(e) Manu Samoa
Embleem die Suiderkruis
Afrigter(s) Vlag van Samoa Stephen Betham
Kaptein(s) David Lemi
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse 64 Brian Lima
Meeste toetspunte 172 Earl Va’a
Meeste drieë 29 Brian Lima
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Samoa Samoa 0 – 6 Fidji Vlag van Fidji
(18 Augustus 1924)
Grootste oorwinning
Vlag van Samoa Samoa 115 – 74 Papoea-Nieu-Guinee Vlag van Papoea-Nieu-Guinee
(11 Julie 2009)
Grootste nederlaag
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 101 – 14 Samoa Vlag van Samoa
(3 September 2008)
Wêreldbeker
Verskynings 6 (Eerste in 1991)
Beste uitslag Kwarteindstryd, 1991 & 1995

Die nasionale rugbyspan van Samoa word Manu Samoa (die naam van 'n beroemde Samoaanse hoofman van sowat 10 generasies gelede) genoem. Die span voer 'n tradisionele Samoaanse uitdaging genaamd die siva tau voor elke wedstryd uit. Somaoa is deel van die Stille Oseaan Rugby Aliansie (Engels: Pacific Islands Rugby Alliance (PIRA)) sama met Fiji en Tonga. Somao is tans tiende op die IRB se Wêreldranglys. Die span het onlang aansienlike finansiële ondersteuning van die Nieu-Seelandse miljoenêr Sir Michael Fay ontvang.

Rugby is in die vroeë 1920's na Samoa ingevoer en die governing body is kort daarna gevorm.[1] Die eerste internasionale wedstryd is as Wes-Samoa teen Fiji gespeel in August 1924. Fiji, Tonga en Somoa speel gereeld teen mekaar in kompetisies soos die Pacific Tri-Nations, wat Samoa in die debuutjaar in 1982 gewen het. Samoa het sedert 1991 elke keer vir die Wêreldbeker gekwalifiseer en die land het in 1991 en 1995 daarin geslaag om tot die kwarteindstryd deur te dring.

Onder hulle nuwe afrigter, die All Blacks legende Michael Niko Jones wat van Samoaanse afkoms is en ook vir Samoa internasionale rugby gespeel het, berei die die span hard voor aan hulle deelname in die 2007 Rugby Wêreldbeker waar hulle in die selfde poelstadium teen Engeland, Suid-Afrika, Tonga en die VSA te staan sal kom. Manu Samoa speel in blou en wit uniforms.

Geskiedenis[wysig]

Die Marist Broers het rugby in 1920 na Wes-Samoa gebring en die Wes-Samoa Rugbyvoetbalunie is in 1924 gevorm. Op 18 Augustus 1924 het Wes-Samoa hulle eerste internasionale wedstryd teen Fiji in die hoofstad Apia gespeel met die besoekers wat 6-0 gewen het. Die wedstryd is om 7v.m. gespeel om die Samoane kans te gee om na die tyd te werk en is op 'n veld gespeel wat 'n groot boom op die middellyn gehad het. Die terugkeerwedstryd is 9-3 deur Samoa gewen om 'n gelykopuitslag vir die reeks te lewer.[2]

Samoa in aksie teen Uganda tydens die Sewes toernooi in 2006 in Australië
Heelagter Gavin Williams tydens Samoa se wedstryd teen Suid-Afrika op 9 Junie 2007, te Ellis Park, Johannesburg

In 1954 het Wes-Samoa beide Stille Oseaan buurlande Fiji en Tonga besoek, maar die span sou nog 20 jaar wag voor 'n toer na Nieu-Seeland onderneem is. Die Samoane het een van die agt wedstryde wat hulle op die toer gespeel het gewen.[2]

Die tradisionele drie-nasies reeks tussen Tonga, Fiji en Wes-Samoa is in 1982 begin met Wes-Samoa wat die eerste toernooi gewen het. Wallis het Wes-Samoa en het die toets in Apia 32-16 gewen. Die toer het gelei tot 'n tergugkeer besoek aan Wallis wat Wes-Samoa uit hulle staat van internasionale limbo gebring het. Wes-Samoa is egter nie na die eerste Rugby Wêreldbeker in 1987 genooi nie.[2]

Die volgende jaar is 'n 14-wedstryd toer na Europa onderneem voor 'n Wêreldbeker uitdunreeks in Tokio wat Wes-Samoa 'n plek in die 1991 Rugby Wêreldbeker in Brittanje besorg het. Daar het die span 'n groot impak gemaak. Nadat hulle Wallis met 'n 16-13 oorwinning in Cardiff uit die pad gevee het en Argentinië 35-12 geklop het, en net-net 3-9 teen die uiteindelike kampioen Australië in hulle poelwedstryd verloor het, het Wes-Samoa, 'n land met 'n bevolking van slegs 160 000 hulle in die kwarteindstryd teen Skotland op Murrayfield bevind. Die Skotte het egter maklik 28-6 gewen. Die Samoane was egter duidelik die "persoonlikheid" span van die toernooi.[2]

In die volgende twee jaar het die span 'n aantal noemenswaardige oorwinnings behaal. Die mees uitstaande prestasie was in die Sewes waar die land die 1993 Hong Kong en 1992 Middlesex Sewes gewen het. Die 1995 Rugby Wêreldbeker in Suid-Afrika het bewys dat die span inderdaad in die boonste kringe hoort. Die span het weerens die kwarteindstryd gehaal met oorwinnings oor Argentinië en Italië, maar is 42-14 geklop deur die uiteindelik wenners, die Suid-Afrikaanse Springbokke. Na die Wêreldbeker het Manu Samoa 'n 13-wedstryd toer na Engeland en Skotland onderneem waarin hulle 15-15 gelykop teen Skotland gespeel het en 9-27 teen Engeland verloor het.[2]

Met die ontstaan van professionele rugby in 1995 was dit noodsaaklik dat Manu Samoa 'n nuwe administratiewe struktuur ontwikkel. Dit is moontlik gemaak deur Fay Richwhite en die Wes-Samoa Rugbyunie wat kragte saam gesnoer het om Manu Samoa Rugby beperk te vorm wat nou die span se sake hanteer.[2] Samoa het met onaangetaste eer uit die 1999 Rugby Wêreldbeker gestap na nog 'n 38-31 skokoorwinning teen die gasheer land Wallis in die poelstadium van die toernooi. Die span het weer in die kwarteindstryd verloor, die keer teen Skotland.

Manu Samoa het vir die 2003 Rugby Wëreldbeker gekwalifiseer nadat hulle eerse 16-17 teen Fiji verloor het toe Earl Va’a 'n strafskop in beseringstyd misgeskop het. Hulle egter het herstel om Tonga beide tuis en weg te klop en deur wraak te neem op die nederlaag teen Fiji met 'n 22-12 oorwinning in Nadi. In die jaar moes Samoa te vrede wees met 'n derde plek in 'n strek poel wat Engeland en Suid-Afrika ingesluit het. in een van die wedstryde het hulle vir meeste van die wedstryd voorgeloop voor hulle teen die uiteindelike wenners, Engeland 22-35 verloor het.

Die Nieu-Seeland Verbintenis[wysig]

Samoa voer hulle vorm van die Haka uit voor die span se Peol A wedstryd teen Suid-Afrika by die 2007 Wêreldbeker

Wes-Samoa se prestasie in die 1991 Rugby Wêreldbeker is geïnspireer deur hulle hulpafrigter Bryan Williams, van Somoaanse afkoms, maar in Nieu-Seeland gebore, All Blackster van die 1970's. Die 1991 Samoa Wëreldbekerspan het baie Nieu-Seelands gebore en opgeleide spelers ingesluit. Die aansproing heirvoor was Aucklandse stut Peter Fatialofa wat in 1989 die eerste belangrike Nieu-Seeland gebaseerde speler geword het wat besluit het om vir Samoa te speel. Teen die 1991 wêreldbeker het verskeie ander Nieu-Seeland gebore Samoane soos Pat Lam, Stephen Bachop, Frank Bunce en Apollo Perelini by hom aangesluit. Dit was in die tyd dat spelers van Samoan afkoms, die kinders van die massa-migrasie van die 1960's en 1970's, beegin het om golwe in Nieu-Seelandse rugby te veroorsaak. Sommige, soos Michael Jones is in Nieu-Seeland gebore terwyl ander soos Inga Tuigamala op 'n vroeë ouderdom soontoe geïmigreer het. Die aantal Samoaans gebore spelers wat die All Blacks verteenwoordig het, het in die 1990's gestyg. Baie van die spelers het in Nieu-Seeland groot geword en daar skool gegaan en het hulle rugby-vermoëns in die strawwe Nieu-Seelandse sekondêre skole kompetise verwerf. Malili Muliaina, Jerry Collins, Isaia Toeava en Casey Laulala is net 'n aap van die baie Samoaans-gebore spelers wat gekies is om Nieu-Seeland te verteenwoordig.

In die afgelope tyd het Nieu-Seelanders van Samoaanse afkoms seultelspler vir die All Blackspan geword, insluitend voormalige Nieu-Seeland Tana Umaga. In sommige Toetswedstryde op hulle 2005 Grand Slam toer van die Tuis-unies het Nieu-Seeland spanne gebruik wat talle spelers van Samoaanse afkoms gehad het. Nieu-Seeland-gebore spelers van Somaanse afkoms het ook weer vir Samoa gespeel, soos Earl Va'a, Pat Lam en Lome Fa'atau.

Die rugbyverhouding tussen Nieu-Seeland en Samoa is ongetwyfeld 'n komplekse aangeleentheid. Noue bande bestaan tussen die twee lande. Die bande is in die eerste plek gevorm deur die begin van die massa Polinesiese immigrasie na Nieu-Seeland in die laaste helfte van die 20ste eeu. Baie spelers wat vir Samoa mag speel het besluit om vir die All Blacks te speel as gevolg van die ooglopende sport en finansiële voordele wat dit vir hulle inhou. As gevolg van bestaande reëls oor kan Samoane wat hulle verbidn tot All Black verteenwoordiging nie meer vir kleiner nasies soos Samoa speel nie wanneer hulle nie daarin slaag om die droom van die swart trui te verwesenlik nie.

Wêreldbekerrekord[wysig]

Year(s) Result
1987 het nie deelgeneem nie.
1991 Gekwalifiseer. Kwarteindstryd.
1995 Gekwalifiseer. Kwarteindstryd.
1999 Gekwalifiseer. Kwarteindstryd plaat.
2003 Gekwalifiseer. Uitgeval in poelstadium
2007 Gekwalifiseer.

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: