Olimpiese Winterspele 2026
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
XXVe Olimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Winterspele 2026 (Italiaans: XXV Giochi olimpici invernali), amptelik bekend as die XXVste Olimpiese Winterspele, sal tussen 6 en 22 Februarie 2026 in Milaan en Cortina d'Ampezzo, Italië, aangebied word.[1][2]
Dit sal ná die Olimpiese Winterspele van 1956 in Cortina d'Ampezzo en die Olimpiese Winterspele van 2006 in Turyn die derde wees wat in Italië gehou word. In die Italiaanse hoofstad Rome is ook die Olimpiese Somerspele van 1960 beslis.
Die openingseremonie sal in San Siro van Milaan plaasvind, terwyl die sluitingseremonie in die Verona Arena van Verona gehou sal word. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland die eerste en die gasheer Italië die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Italiaans is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.
Die Paralimpiese Winterspele 2026 sal tussen 6 en 15 Maart in Milaan en Cortina d'Ampezzo gehou word.
Toewysing
[wysig | wysig bron]Milaan en Cortina d'Ampezzo is op 24 Junie 2019 in Lausanne deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2026. Die enigste ander kandidaat was Stockholm, Swede.
Die gasheerstad sou oorspronklik in Oktober 2019 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in Milaan, Italië, aangekondig word. Die IOK het die stemming egter na 'n ander plek – en datum – verskuif, nadat Italië 'n bod vir die Olimpiese Winterspele 2026 ingedien het wat die stad Milaan insluit. Die stemming is op 24 Junie 2019 in die hoofkantoor van die IOK in Lausanne, Switserland, gehou.[3][4] Die eerste aansoekfase vir die Spele het in September 2017 begin.[5]
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2026[6] | ||
---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 |
Milaan en Cortina d'Ampezzo | Italië | 47 |
Stockholm | Swede | 34 |
Sportplekke
[wysig | wysig bron]Milaan
[wysig | wysig bron]Stad | Plek | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|---|
Milaan | San Siro | Openingseremonie | 80 000 |
Milano Santagiulia Ice Hockey Arena | Hoofyshokkiestadion | 16 000 | |
Unipol Forum | Kunsskaats, kortbaanskaats | 12 700 | |
Rho FieraMilano | Yshokkie, langbaanskaats | Onbekend |
Valtellina
[wysig | wysig bron]Stad | Plek | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|---|
Bormio | Stelvio slope | Alpeski | Onbekend |
Valtellina | Skibergklim | ||
Livingo | Tagliede/Carosello 3000 | Sneeuplankry, vryski |
Cortina
[wysig | wysig bron]Stad | Plek | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|---|
Cortina d'Ampezzo | Olimpia delle Tofane | Alpeski | Onbekend |
Pista Eugenio Monti | bobslee, skeleton, rodel | ||
Stadio Olimpico Del Ghiaccio | Ysbal | 7 000 | |
Anterselva/Antholz | Südtirol Arena | Tweekamp | 9 000 |
Val di Fiemme
[wysig | wysig bron]Stad | Plek | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|---|
Predazzo | Stadio del salto "Giuseppe Dal Ben" | Skansspring, Noorse kombinasie | 15 000 |
Tesero | Lago di Tesero | Heg-en-steg-ski, Noorse kombinasie | 50 000 |
Verona
[wysig | wysig bron]Stad | Plek | Olimpiese seremonie | Kapasiteit |
---|---|---|---|
Verona | Arena di Verona | Olimpiese sluitingseremonie | 20 000 |
Sporte
[wysig | wysig bron]7 Olimpiese sporte in 15 dissiplines sal tydens die Spele beoefen word.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Olimpiese Winterspele 1944 in Cortina d'Ampezzo beplan, maar weens die Tweede Wêreldoorlog gestaak
- Olimpiese Winterspele 1956 in Cortina d'Ampezzo
- Olimpiese Somerspele 1960 in Rome
- Olimpiese Winterspele 2006 in Turyn
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "'Italia! Italia!' IOC awards 2026 Winter Olympics to Milan-Cortina d'Ampezzo". The Washington Post. 24 Junie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2019. Besoek op 30 September 2019.
- ↑ (en) "Milan-Cortina Wins 2026 Olympic And Paralympic Winter Games Bid". Internasionale Olimpiese Komitee. 24 Junie 2019. Besoek op 30 September 2019.
- ↑ (en) "Lausanne To Host Vote For Winning 2026 Winter Olympic Bid Instead of Milan After Italy Enters Race". GamesBids. 20 September 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 30 September 2019.
- ↑ (en) "IOC To Move Up 2026 Olympic Bid Vote Three Months, Now June 2019". GamesBids. 9 Oktober 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 30 September 2019.
- ↑ (en) "IOC Approves New Candidature Process for Olympic Winter Games 2026". Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Julie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 30 September 2019.
- ↑ (en) "Past Olympic Host City Election Results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 30 September 2019.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Winterspele 2026. |
- (en) Milan-Cortina 2026 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |