Gaan na inhoud

Olimpiese Winterspele 1976

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
XIIe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 1976

Gehou in Innsbruck, Oostenryk
Deelnemende lande 37
Deelnemende atlete 1 123 (892 mans, 231 vroue)[1]
Items 37 in 6 sporte
Openingseremonie 4 Februarie 1976
Sluitingseremonie 15 Februarie 1976
Amptelik geopen deur President Rudolf Kirschschläger
Atlete-eed Werner Delle-Karth (bobslee)
Beampte-eed Willy Köstinger (Noorse kombinasie)
Olimpiese vlam Christl Haas en Josef Feistmantl
Vorige Spele 1972: Sapporo (Japan)
Volgende Spele 1980: Lake Placid (VSA)

Die Olimpiese Winterspele 1976 (Duits: Olympische Winterspiele 1976), amptelik bekend as die XIIde Olimpiese Winterspele, is tussen 4 en 15 Februarie 1976 in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Die spele is aanvanklik aan Denver, Colorado, in die Verenigde State toegeken. As gevolg van die finansiële- en omgewingsimpak besluit die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) later om die Spele aan Innsbruck toe te ken (soos in 1964).

Die Olimpiese Somerspele 1976 is in Montreal, Kanada, aangebied. Die Paralimpiese Winterspele 1976 is tussen 21 en 28 Februarie in Örnsköldsvik, Swede, gehou.

Toewysing

[wysig | wysig bron]
Bruno Kreisky, president van die Oostenrykse reëlingskomitee
Bergisel, die Skispring-skans in Innsbruck, 2004

Denver is op 12 Mei 1970 in Amsterdam deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 1976. Ander kandidate was: Sion, Tampere en Vancouver-Garibaldi.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 1976[2]
Stad Land Rondte 1 Rondte 2 Rondte 3
Denver Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 29 29 39
Sion Vlag van Switserland Switserland 18 31 30
Tampere Vlag van Finland Finland 12 8
VancouverGaribaldi Vlag van Kanada Kanada 9

Denver het die Spele op 15 November 1972 aan die IOK teruggegee nadat die bevolking dit in 'n referendum verwerp het en die IOK het die Spele Whistler, Brits-Columbië, aangebied, maar dié Kanadese stad het dit weens politiese verskille afgewys. Salt Lake City het homself aangebied om die Spele te hou, maar die IOK wou die Spele nie aan 'n ander Amerikaanse stad gee nie en het dit aan Innsbruck, Oostenryk, gegee.

Sporte

[wysig | wysig bron]

6 Olimpiese sporte in 10 dissiplines is tydens die Spele beoefen.

Deelnemende nasies

[wysig | wysig bron]

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes

[wysig | wysig bron]
Kaart van medaljes volgens lande:
Goud vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het.
Silwer vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het.
Brons vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het.
Groen vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie.
Grys vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Winterspele 1976 deelgeneem het nie.
'n geel kring vertoon die gasheerstad (Innsbruck).
Rooi diamante vertoon lande, wat hul eerste medalje tydens die Winterspele gewen het.

Hier is die top 16 lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1 Vlag van Sowjetunie Sowjetunie (URS 79 13 6 8 27
2 Flag of the German Democratic Republic Oos-Duitsland (GDR) 59 7 5 7 19
3 Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA) 106 3 3 4 10
4 Vlag van Noorweë Noorweë (NOR) 42 3 3 1 7
5 Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland (FRG) 71 2 5 3 10
6 Vlag van Finland Finland (FIN) 47 2 4 1 7
7 Vlag van Oostenryk Oostenryk (AUT) 77 2 2 2 6
8 Vlag van Switserland Switserland (SUI) 59 1 3 1 5
9 Vlag van Nederland Nederland (NED) 5 1 2 3 6
10 Vlag van Italië Italië (ITA) 58 1 2 1 4
11 Vlag van Kanada Kanada (CAN) 59 1 1 1 3
12 Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (GRB) 42 1 0 0 1
13 Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye (TCH) 58 0 1 0 1
14 Vlag van Liechtenstein Liechtenstein (LIE) 9 0 0 2 2
Vlag van Swede Swede (SWE) 39 0 0 2 2
16 Vlag van Frankryk Frankryk (FRA) 35 0 1 1 2
Totaal (16 NOKs) 845 37 37 37 111

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.
  2. (en) "Past Olympic Host City Election Results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 20 Januarie 2018.

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]
  • (en) David Wallechinsky (2005). The Complete Book of the Winter Olympics, Turin 2006 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-45-9.
  • (de) Volker Kluge (1999). Olympische Winterspiele. Die Chronik. Chamonix 1924 – Nagano 1998. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00831-4.
  • (en) Krüger, Arnd; Goksör, Matti; von der Lippe, Gerd; Mo, Kristian (1996). The History of the Olympic Winter Games. The Invention of a Tradition. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]


Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030  • 2034
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.