Olimpiese Winterspele 2022

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gnome globe current event.svg Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
XXIVe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 2022

Gehou in Beijing, China
Deelnemende lande 90 (verwag)
Deelnemende atlete
Items 102 in 7 sporte
Openingseremonie 4 Februarie 2022
Sluitingseremonie 20 Februarie 2022
Amptelik geopen deur President Xi Jinping (verwag)
Atlete-eed
Beampte-eed
Olimpiese vlam
Vorige Spele 2018: Pyeongchang (Suid-Korea)
Volgende Spele 2026: nog nie bekend nie

Die Olimpiese Winterspele 2022 (Chinees: 第二十四届冬季奥林匹克运动会; pinyin: Dì Èrshísì Jiè Dōngjì Àolínpǐkè Yùndònghuì), amptelik bekend as die XXIVste Olimpiese Winterspele, sal tussen 4 en 20 Februarie 2022 in Beijing, China, aangebied word.[1]

Beijing sal daarmee die eerste stad word, wat beide die Olimpiese Somerspele en Olimpiese Winterspele sal hou. Verder sal dit ná Pyeongchang (2018) en Tokio (2020) die derde agtereenvolgende Olimpiese Spele wees, wat in 'n Asiatiese stad aangebied word. Daarbenewens sal Beijing ná Sapporo (1972), Nagano (1998) en Pyeongchang (2018) die vierde Asiatiese stad word, waar Olimpiese Winterspele gehou word.

Die Paralimpiese Winterspele 2022 sal tussen 4 en 13 Maart in Beijing gehou word.

Toewysing[wysig | wysig bron]

Kaart van die sportplekke

Beijing is op 31 Julie 2015 in Kuala Lumpur deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2022. Die enigste ander kandidaat was Almati.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2022[2]
Stad Land Rondte 1
Beijing Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China 44
Almati Vlag van Kasakstan Kasakstan 40

Sporte[wysig | wysig bron]

7 Olimpiese sporte in 15 dissiplines sal tydens die Spele beoefen word.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Verkry op 23 September 2017. 
  2. (en) "Past Olympic host city election results". GamesBids. Verkry op 23 September 2017. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.