Seychelle

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Seychelle-eilande)
Jump to navigation Jump to search
Republic of Seychelles (Engels
République des Seychelles (Frans)
Repiblik Sesel (Seychellekreools)
Republiek die Seychelle
Vlag van die Seychelle-eilande Wapen van die Seychelle-eilande
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Finis Coronat Opus
(Latyns vir: "Die einde bekroon die werk")
Volkslied: Koste Seselwa
(Seychellekreools vir: "Sluit saam al Seychelle")
Ligging van die Seychelle-eilande
Hoofstad Victoria

4°37′S 55°27′O / 4.617°S 55.450°O / -4.617; 55.450

Grootste stad Victoria
Amptelike tale Engels, Frans en Seychellekreools
Regering Unitêre dominante party
presidensiële republiek
Danny Faure
Vincent Meriton
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• van die Verenigde Koninkryk


29 Junie 1976
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
459 km2  (181ste)
177 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2016-skatting
 - 2009-sensus
 - Digtheid
 
94 228[1] (195ste)
84 000
186,2 / km2 (60ste)
482,3 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$2,919 miljard[2]
$30 486[2]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$1,564 miljard[2]
$16 332[2]

MOI (2015) Green Arrow Up Darker.svg 0,782[3] (63ste)  –  hoog
Gini (2013) 46,8[4] –  hoog
Geldeenheid Roepee (SCR)
Tydsone
 - Somertyd
SCT (UTC+4)
nie toegepas nie (UTC+4)
Internet-TLD .sc
Skakelkode +248
Kaart van die Seychelle
Die beroemde kloktoring in die sentrum van Victoria, hoofstad van die Seychelle
Anse Lazio op Praslin, 'n eiland van die Seychelle

Die Seychelle (Engels: Seychelles [seɪˈʃɛlz] , Frans: Seychelles [sɛʃɛl]), amptelik die Republiek die Seychelle (Engels: Republic of Seychelles, Frans: République des Seychelles, Seychellekreools: Repiblik Sesel), is 'n eilandnasie in die Indiese Oseaan, omtrent 1 600 km oos van die vasteland van Oos-Afrika en noordoos van die eiland Madagaskar. Ander nabygeleë eilandnasies en -gebiede sluit in Mauritius en Réunion in die suide, die Comore-eilande en Mayotte in die suidweste, en die Suvadives van die Maledive in die noordooste. Die hoofstad en grootste stad is Victoria. Met 'n bevolking van 94 228 het die Seychelle die kleinste bevolking van enige onafhanklike Afrikaland, hoewel dit 'n groter bevolking as die Britse oorsese gebied Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha het.

Die Seychelle is 'n lidland van die Afrika-unie, die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, die Britse Statebond en die Verenigde Nasies. Die Seychelle het op 29 Junie 1976 sy volle onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk ontvang en 'n grondwetlike republiek met 'n president as staatshoof geword. Na die Seychelle se onafhanklikheid in 1976 het dit van 'n grootliks op landbou gebaseerde gemeenskap tot 'n markgebaseerde en gediversifiseerde ekonomie ontwikkel, met landbou wat deur vinnig stygende diens- en openbare sektore sowel as toerisme vervang word. Sedert 1976 het die nominale Bruto binnelandse produk-uitset bykans sewevoudig toegeneem en die koopkragpariteit byna sestienvoudig. In onlangse jare het die regering buitelandse beleggings aangemoedig om hierdie sektore op te gradeer. Vandag spog die Seychelle met die hoogste nominale BBP per capita in Afrika, met uitsondering van die Franse oorsese gebiede Mayotte en Réunion. Dit is een van slegs 'n handjievol Afrikalande met 'n hoë menslike-ontwikkelingsindeks. Ten spyte van dié land se nuutgevonde ekonomiese voorspoed bly armoede wydverspreid weens 'n hoë vlak van ongelykheid in inkomste, een van die hoogste in die wêreld, en ongelyke verspreiding van rykdom.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) World Population Prospects: The 2017 Revision”. United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. URL besoek op 19 Februarie 2018.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) Seychelles”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 19 Februarie 2018.
  3. (en) 2016 Human Development Report”. United Nations Development Programme: 2016. URL besoek op 19 Februarie 2018.
  4. (en) GINI index”. Wêreldbank. URL besoek op 19 Februarie 2018.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]