Thaise nasionale rugbyspan
Thailand | ||||
Unie | Thaise Rugbyunie | |||
|
||||
Statistiek
| ||||
---|---|---|---|---|
Eerste internasionale wedstryd | ||||
Japan 82–8 THA (8 Maart 1969) | ||||
Grootste oorwinning | ||||
Indië 6–90 THA (28 Oktober 1998) | ||||
Grootste nederlaag | ||||
Japan 141–10 THA (4 November 1996) |
Die Thaise nasionale rugbyspan verteenwoordig Thailand in internasionale rugby. Thailand het nog nie in die Rugbywêreldbekerkampioenskap gespeel nie, maar het sedert die Rugbywêreldbeker 1999 in Wallis aan kwalifiserende rondtes deelgeneem.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Thailand het hul eerste rugbywedstryd in 1970 gespeel. Thailand het die eerste keer probeer kwalifiseer toe Wallis in 1999 die gasheer was. Hulle het in die eerste ronde van die kwalifiserende toernooi in Asië meegeding, een wedstryd gewen en een verloor; en is dus uitgeskakel om te kwalifiseer. Thailand het vir die 2003 Rugbywêreldbekerkampioenskap in Australië in Poel B aan die kwalifiseringstoernooi in Asië deelgeneem, maar het derde geëindig nadat hulle albei hul wedstryde verloor het.
Thailand het ook in Frankryk probeer kwalifiseer vir die Rugbywêreldbeker 2007 en was saam met Sri Lanka en Singapoer gegroepeer. Hulle het egter albei hul wedstryde verloor en nie na die volgende fase gevorder nie.
In die Asiatiese Vyfnasies het hulle aan die eerste HSBC Asiatiese Vyfnasies deelgeneem in 2008 in die Tweede afdeling. Nadat hulle al hul wedstryde gewen het, speel hul in die Eerste Liga vir die 2009-byeenkoms, deur die plek van die Chinese span in te neem (wat onttrek het as gevolg van visumprobleme). Sri Lanka het laaste ge-eindig in Afdeling Een as gevolg daarvan.
Rugbywêreldbekerrekord
[wysig | wysig bron]- 1987 - Geen kwalifiserende toernooi gehou nie
- 1991 - 1995 - Nie ingeskryf nie
- 1999 - 2011 - Nie gekwalifiseer nie
Die groep na die Asiatiese Vyfnasies in 2012 - Afdeling 3 [1]
|
Plaasvervangers
|
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Groep na die 2012 Asiatiese Vyfnasies". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2014. Besoek op 12 Julie 2012.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Thaise nasionale rugbyspan.