Nederlandse nasionale rugbyspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Nederland
Flag of the Netherlands.svg
Unie Nederlandse Rugbybond
Bynaam(e) Oranje
Stadion NRCA, Amsterdam
Afrigter(s) Zane Gardiner
Kaptein(s) Dirk Danen
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Tim Schumacher (12)[1][2]
Meeste punte Duncan Hannay (17)[3]
Meeste drieë Tim Schumacher
Gijs van der Pol (2 elk)[4]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Nederland Nederland 0–6 België Vlag van België
(Den Haag, Nederland; 1 Julie 1930)
Grootste oorwinning
Vlag van Nederland Nederland 62–0 Vlag van Denemarke Denemarke
(Hilversum, Nederland; 6 Oktober 1973)
Grootste nederlaag
Vlag van Engeland Engeland 110–0 Vlag van Nederland Nederland
(Huddersfield, Engeland; 14 November 1998)
Unie webwerf
www.rugby.nl

Die Nederlandse nasionale rugbyspan is ’n nasionale sportspan wat Nederland in internasionale rugby verteenwoordig. Die span het vir die eerste keer in 1930 teen België gespeel. Rugby in Nederland word geadministreer deur die Nederlandse Rugbybond. Die Nederlandse rugbyspan is tans (22 Januarie 2020) 25ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[5]

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die Nederlandse nasionale rugbyspan, soos in Januarie 2008
Nederland speel teen Pole tydens die Europese Nasiesbeker in 2012

Nederland het hulle eerste internasionale rugbywedstryd op 1 Julie 1930 teen België gespeel. België kon dié wedstryd met 6–0 wen. Nederland het weer teen België gespeel, asook teen Duitsland en Roemenië.

In die 1940’s het die span gereeld teen België en Duitsland gespeel. In die 1960’s het die span gereeld teen Wes-Duitsland gespeel. Die span het in dié dekade ook teen Pole, Swede, Spanje en Tsjeggo-Slowakye gespeel.

In die 1970’s het die span ook wedstryde teen Italië gespeel. Die span het ’n aantal wedstryde gewen tussen 1984 en 1987.

Nederland speel tans in die Europese Nasiesbeker. Nederland kon tot dusver nie daarin slaag om vir die Rugbywêreldbeker te kwalifiseer nie.

Die eerste deelname aan die kwalifisering was vir die Rugbywêreldbeker 1991, waarin hulle die finale fase van die Europese kwalifikasie kon behaal, maar hulle het op die vierde plek geëindig nadat Nederland al sy drie wedstryde verloor het.

In die moderne professionele era het die span gesukkel maar daar is nuwe hoop met opkomende spelers soos Bart Viguurs, Allard Jonkers, Rik Roovers en Koeraad Buseman.

Die Europese Nasiesbeker-afdeling 1B van 2010–12 was ’n baie teleurstellende prestasie van die Nederlandse span, aangesien hulle slegs een van hul tien wedstryde gewen het, en hulle is daarom na die Europese Nasiesbeker-eerstedivisie 2012–14 afgegradeer.

Tydens die 2010–11-seisoen het hulle al vyf hul wedstryde verloor, met die eerste teen Tsjeggië 25–13, gevolg deur ’n nederlaag van 29–10 teen Duitsland. Hulle het toe teen Pole, België en Moldowa onderskeidelik 32–18, 30–18 en 22–15 verloor.

Die 2011-’12-seisoen het met ’n verdere 23–7-nederlaag teen Duitsland begin, gevolg deur ’n 22–10 teen Tsjeggië en die slegste van die lot, met ’n slagting van 58–3 deur België. Hulle het daarna iets gehad om oor te glimlag, al het dit geen uitkoms vir hul finale posisie gehad nie, aangesien hulle Moldowa met 40–26 verslaan het, maar ’n baie teleurstellende jaar afgesluit het met ’n nederlaag van 32–19 teen Pole.

Die seisoen 2016–17 is een van die beste seisoene tot nog toe vir Nederlandse Rugby. Die jong en redelik minder fisieke span in hul poel van die FIRA Europese Nasiesbeker 1B kon daarin slaag om op die tweede plek te eindig. Die baie gemotiveerde, jong span speel opwindende vinnige rugby en moet as ’n opkomende rugbynasie beskou word.

Rekords[wysig | wysig bron]

Algehele rekord[wysig | wysig bron]

Nederland het teen 22 Januarie 2020 132 van hulle 301 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 43,67%.[6]

Nederland se toetsrekord teen alle lande: (Korrek op 22 Januarie 2020)[6]

Teen Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen
Vlag van Andorra Andorra 3 3 0 0 100
Vlag van Australië Opkomende Wallabies 1 0 1 0 0
Vlag van België België 50 18 28 4 40
Vlag van Botswana Botswana 1 1 0 0 100
Flag of the British Army.svg Britse Leër 1 0 1 0 0
Vlag van Bulgarye Bulgarye 1 1 0 0 100
Vlag van Denemarke Denemarke 8 7 0 1 93,75
Vlag van Duitsland Duitsland 18 7 11 0 38,88
Vlag van Engeland Engeland 1 0 1 0 0
Vlag van Engeland Engeland o/21 2 0 2 0 0
Vlag van Frankryk Frankryk XV 2 0 2 0 0
Vlag van Georgië Georgië 4 1 3 0 25
Vlag van Hongkong Hongkong 1 1 0 0 100
Vlag van Israel Israel 2 2 0 0 100
Vlag van Italië Italië 4 0 4 0 0
Vlag van Italië Italië B 2 0 2 0 0
Vlag van Japan Japan 1 1 0 0 100
Vlag van Suid-Korea Korea 2 1 1 0 50
Vlag van Kroasië Kroasië 5 4 1 0 80
Vlag van Letland Letland 3 3 0 0 100
Vlag van Litaue Litaue 5 4 1 0 80
Vlag van Malta Malta 4 4 0 0 100
Vlag van Marokko Marokko 7 3 4 0 42,85
Vlag van Moldowa Moldowa 10 5 5 0 50
Vlag van Oekraïne Oekraïne 9 3 6 0 33,33
Vlag van Oos-Duitsland Oos-Duitsland 2 1 1 0 50
Vlag van Pole Pole 24 8 14 2 37,50
Vlag van Portugal Portugal 15 3 11 1 23,33
Vlag van Roemenië Roemenië 8 0 7 1 6,25
Vlag van Rusland Rusland 4 0 4 0 0
Vlag van Skotland Skotland XV 2 0 2 0 0
Vlag van Serwië Serwië 6 4 2 0 66,67
Vlag van Spanje Spanje 14 0 13 1 3,57
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika o/23 1 0 1 0 0
Vlag van Swede Swede 21 20 1 0 95,23
Vlag van Switserland Switserland 8 7 0 1 93,75
Vlag van Tsjeggië Tsjeggië 16 7 9 0 43,75
Vlag van Tunisië Tunisië 5 4 1 0 80
Vlag van Uganda Uganda 1 1 0 0 100
Vlag van Wallis Wallis B 2 0 2 0 0
Vlag van Wallis Wallis Distrikte 1 1 0 0 50
Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 24 7 16 0 31,25
Totaal 301 132 157 12 43,85

Wêreldbekerrekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
1987 Nie genooi nie
1991 Nie gekwalifiseer nie
1995 Nie gekwalifiseer nie
1999 Nie gekwalifiseer nie
2003 Nie gekwalifiseer nie
2007 Nie gekwalifiseer nie
2011 Nie gekwalifiseer nie
2015 Nie gekwalifiseer nie
2019 Nie gekwalifiseer nie
2023 N.v.t.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Most matches" (in Engels). ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 22 Januarie 2020.
  2. (en) "Archived copy". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2012. Besoek op 20 Mei 2012.AS1-onderhoud: "Argiefkopie" as titel (link) [dooie skakel]
  3. "Most points" (in Engels). ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 22 Januarie 2020.
  4. "Most tries" (in Engels). ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 22 Januarie 2020.
  5. "World Rugby Rankings" (in Engels). Wêreldrugby. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op 22 Januarie 2020.
  6. 6,0 6,1 "International Rugby Union Statistics – Netherlands" (in Engels). ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 22 Januarie 2020.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]