Adama Barrow

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Adama Barrow
Adama Barrow
Adama Barrow in 2018

3de President van die Gambië
Ampstermyn
21 Januarie 2017 – (huidig)
Voorafgegaan deur Yahya Jammeh

Persoonlike besonderhede
Gebore Adama Barrow
(1965-02-16)16 Februarie 1965
Mankamang Kunda, Gambië
Politieke party United Democratic Party
Eggenoot/eggenote 2: Fatou Bah en Sarjo Mballow.[1]
Kind(ers) 5
Religie Soenni-Islam
Lojaliteit Vlag van Gambië Gambië

Adama Barrow gebore 16 Februarie 1965 in die Jimara-dorpie Mankamang Kunda naby Basse, is sedert 19 Januarie 2017 die huidige president van die Gambië.

Hy is 'n vroom moslim, het twee vroue en vyf kinders. Hy het in die vroeë jare 2000 in Engeland gewoon en as eiendomsagent gewerk. Hy is lid van die United Democratic Party.[2]

In 2016 het 'n koalisie van 7 opposisiepartye hom gekies as kandidaat vir die presidentsverkiesings van 2 Desember. Hy het hierdie verkiesings met 'n klein meerderheid gewen. Aanvanklik het sy voorganger Yahya Jammeh saamgestem met die resultaat, maar later het hy geweier om te vertrek. Barrow is in Senegal in die Gambiese ambassade as president beëdig en magte van die Ecowas-lande het Gambië binnegeval. Jammeh is in ballingskap gedwing.[2]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]