Afghanistan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Afganistan)
Jump to navigation Jump to search
د افغانستان اسلامي جمهوریت (Pasjtoe)
Da Afġānistān Islāmī Jumhoryat
جمهوری اسلامی افغانستان (Dari)
Jomhūrīyyeh Eslāmīyyeh Afġānestān
Islamitiese Republiek Afghanistan
Vlag van Afghanistan Embleem van Afghanistan
Vlag Embleem
Nasionale leuse: لا إله إلا الله، محمد رسول الله
Lā ʾilāha ʾillāl–lāh, Muhammadun rasūl allāh
(Arabies vir: "Daar is geen god behalwe Allah; Mohammed is die boodskapper van Allah") (Sjahada)
Volkslied: ملی سرود Millī Surūd (Pasjtoe)
سرود ملی Sorūde Mellī (Dari)
Ligging van Afghanistan
Hoofstad Kaboel

34°32′N 69°8′O / 34.533°N 69.133°O / 34.533; 69.133

Grootste stad Kaboel
Amptelike tale Pasjtoe en Dari[1]
Regering Unitêre presidensiële
Islamitiese republiek
Ashraf Ghani
Abdullah Abdullah
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• Hotak-ryk
• Durrani-ryk
• Emiraat Afghanistan
• Erken
• Koninkryk
• Republiek
• Huidige grondwet


April 1709
Oktober 1747
1823
19 Augustus 1919
9 Junie 1926
17 Julie 1973
26 Januarie 2004
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
652 864[2] km2  (40ste)
252 072 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2016-skatting
 - 1979-sensus
 - Digtheid
 
34 656 032[3] (40ste)
15,5 miljoen[4]
49,88 / km2 (150ste)
129,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$72,985 miljard[5]
$1 980[5]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$22,497 miljard[5]
$610[5]

MOI (2014) Green Arrow Up Darker.svg 0,465[6] (171ste)  –  laag
Gini (2008) 29[7] –  laag
Geldeenheid Afghani (AFN)
Tydsone
 - Somertyd
D† (UTC+04:30)
nie toegepas nie (UTC+04:30)
Internet-TLD .af, افغانستان.
Skakelkode +93

Afghanistan, ook Afganistan (Dari: افغانستان, Afġānestān, [avɣɒnesˈtɒn]; Pasjtoe: افغانستان, Afġānistān, [avɣɒnisˈtɒn, ab-]), amptelik die Islamitiese Republiek Afghanistan (Pasjtoe: د افغانستان اسلامي جمهوریت, Da Afġānistān Islāmī Jumhoryat; Dari: جمهوری اسلامی افغانستان, Jomhūrīyyeh Eslāmīyyeh Afġānestān), is 'n landingeslote land in die hartjie van Asië. Die hoofstad en grootste stad is Kaboel. Die land het godsdienstige, taalkundige en geografiese konneksies met die meeste van sy buurlande. Afghanistan word begrens deur Iran in die weste, Pakistan in die suide en ooste, Turkmenistan, Oesbekistan en Tadjikistan in die noorde, en die Volksrepubliek China in die mees oostelike deel van die land. Die agtervoegsel ـستان (-stān) is 'n Persiese woord en beteken "die plek van" en herinner ook aan die sinoniem (en verwante) Sanskrit-woord sthāna स्थान.[8] Afghanistan beteken dus "land van die Afghane".

Nasa-Satellietbeeld van Afghanistan
Kaart van Afghanistan
Topografiese kaart van Afghanistan

Afghanistan is ’n kultureel gemengde nasie: Belangrike etniese groepe sluit in Pasjtoene, Tadjike, Hasara en Oesbeke. Afghanistan is 'n kruispad tussen die Ooste en die Weste en was die antieke middelpunt van handel en migrasie. Dit het ’n belangrike geostrategiese ligging, deurdat dit Suid-Asië, Sentraal-Asië en die Midde-Ooste saam verbind. Tydens Afghanistan se uitgestrekte geskiedenis het die land verskeie indringers en veroweraars gesien, terwyl plaaslike entiteite die omliggende, uitgestrekte streke ingeval het om self ryke te vorm. Ahmad Sjah Durrani het ’n groot ryk in die middel van die agtiende eeu geskep, met die hoofstad by Kandahar. Vervolgens was meeste van die gebiede afgestaan aan voormalige nabygeleë lande. In die 19de eeu het Afganistan ’n bufferstaat geword in Die Groot Spel, wat gespeel was tussen die Britse Ryk en Russiese Ryk. Op 19 Augustus 1919, ná die derde Anglo-Afghaanse oorlog, herwin die land volle onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk oor sy buitelandse sake.

Sedert die laat 1970's het Afghanistan gely onder voortdurende en brutale burgerlike oorlog. In die tydperk het die land ook ingrypings ervaar in die vorm van die 1979 Sowjetse inval van Afghanistan en die 2001 Amerikaanse inval van Afghanistan, waartydens die heersende Taliban-regering omvergewerp is. In Desember 2001 het die Verenigde Nasies se sekuriteitsraad die stigting van die International Security Assistance Force ("Internasionale Sekuriteitsbystandsmag", ISAF) goedgekeur. Dié mag, wat bestaan uit NAVO-troepe, was aktief gewees in die bystand van die regering van President Hamid Karzai en dié se pogings om gesag oor die land te vestig. In 2005 het die Verenigde State en Afghanistan 'n strategiese vennootskap onderteken wat beide nasies tot 'n langtermynverhouding bind. In die tussentyd is ongeveer VS$40 miljard reeds deur die internasionale gemeenskap aan die land besorg vir die herbou van die land.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Alhoewel Afghanistan groot heerserryke en baie handel beleef het oor twee millennia, was die gebied se heterogene groepe nie in 'n enkele politiese entiteit saamgesnoer voor die bewind van Ahmad Sjah Durrani nie. Durrani stig die monargie in 1747 wat oor die land heers tot 1973. Die laaste Sjah was Zahir Sjah.

Die Islam het 'n sleutelrol gespeel in die geskiedenis van Afghanistan (en ander lande in die omliggende streek).

Sport[wysig | wysig bron]

Die nasionale span in Rotterdam, 2010 ICC WCL Afdeling Een

Krieket en sokker is Afghanistan se gewildste sportsoorte. Ander gewilde sportsoorte sluit in basketbal, vlugbal, taekwondo en gewigoptel.[9] Afghanistan se sportkultuur word veral deur dié van naburige lande in Sentraal- en Suid-Asië beïnvloed.

Krieket was die enigste sport wat deur die Taliban toegelaat is en weens sy nabye ligging tot die krieketspelende lande van die Indiese Subkontinent kon die Afghaanse krieket maklik groei. Die Afghaanse nasionale krieketspan is in 2001 gestig en het sedertdien sterk groei ervaar. Afghanistan het aan die kwalifikasie vir die Krieketwêreldbeker 2011 deelgeneem, maar kon nog nie die eindrondte bereik nie; hulle kon uiteindelik vir die Krieketwêreldbeker 2015 en die Krieketwêreldbeker 2019 kwalifiseer. Op 22 Junie 2017 is Afghanistan saam met Ierland toetsstatus toegeken.[10]

Die Afghaanse nasionale sokkerspan ding sedert 1941 in internasionale sokker mee, maar kon tot dusver nog nie vir 'n FIFA Sokker-Wêreldbeker kwalifiseer nie. In 2013 kon Afghanistan sy eerste internasionale trofee verower en het die SAFF kampioenskap gewen.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Article Sixteen of the 2004 Constitution of Afghanistan”. 2004. URL besoek op 28 April 2018.
  2. (en) Central Statistics Organization of Afghanistan: Statistical Yearbook 2012–2013: Area and administrative Population
  3. (en) World Population Prospects: The 2017 Revision”. United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. URL besoek op 28 April 2018.
  4. (en) Chapter 2. The Society and Its Environment”. (PDF) Afghanistan Country Study. pp. 105–06 Illinois Institute of Technology. URL besoek op 8 Augustus 2014.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 (en) Afghanistan”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 28 April 2018.
  6. (en) 2015 Human Development Report”. United Nations Development Programme: 14 Desember 2015. URL besoek op 28 April 2018.
  7. (en) Gini Index”. Wêreldbank. URL besoek op 2 Maart 2011.
  8. (en) Monier-Williams Sanskrit Dictionary”. 1872. URL besoek op 28 April 2018.
  9. (en) Sports”. Pajhwok Afghan News. pajhwok.com. URL besoek op 14 September 2011.
  10. (en) Ireland and Afghanistan ICC newest full members amid wide-ranging governance reform”. ICC: 22 Junie 2017. URL besoek op 28 April 2018.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


 
Lande en gebiede in Asië

Lande: Afghanistan | Armenië2 | Azerbeidjan1 | Bahrein | Bangladesj | Bhoetan | Broenei | Egipte | Filippyne | Georgië1 | Indië | Indonesië | Irak | Iran | Israel | Japan | Jemen | Jordanië | Kambodja | Kasakstan1 | Katar | Kirgisië | Koeweit | Laos | Libanon | Maledive | Maleisië | Mianmar | Mongolië | Nepal | Noord-Korea | Oesbekistan | Oman | Oos-Timor | Pakistan | Rusland1 | Saoedi-Arabië | Singapoer | Siprus2 | Sirië | Volksrepubliek China | Sri Lanka | Suid-Korea | Tadjikistan | Thailand | Turkmenistan | Turkye1 | Verenigde Arabiese Emirate | Viëtnam

Omstrede gebiede: Abchasië - Nagorno-Karabakh - Noord-Siprus - Palestina - Republiek China (Taiwan) - Suid-Ossetië

Afhanklike gebiede: Australië: Kerseiland - Kokoseilande | Verenigde Koninkryk: Akrotiri en Dhekelië2 - Britse Indiese Oseaangebied | Volksrepubliek China: Hongkong - Macau

1. Land deels in Europa. 2. Geografies in Asië, maar gereeld beskou as deel van Europa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.

Lande van: Afrika - Europa - Noord-Amerika - Oseanië - Suid-Amerika