1901
Voorkoms
1901 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1896 | 1897 | 1898 | 1899 | 1900 | ◄ 1901 ► | 1902 | 1903 | 1904 | 1905 | 1906 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1901 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Koningin Victoria, oorlede 22 Januarie | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1901 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 1ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
- 1 Januarie – Die Britse kolonies Nieu-Suid-Wallis, Queensland, Suid-Australië, Tasmanië, Victoria en Wes-Australië stig die Australiese Gemenebes met Canberra as hoofstad.
- 1 Januarie – Die Franse rugbyspan speel die eerste keer ’n rugbytoets teen Nieu- Seeland.
- 1 Januarie – Nigerië word ’n Britse protektoraat.
- 22 Januarie – Koning Edward VII word Koning van Groot-Brittanje, en Keiser van Indië met die dood van sy moeder Koningin Victoria.
- 10 Februarie – Tweede Vryheidsoorlog: Genl. Christiaan de Wet val die Kaapkolonie by Zanddrif naby Philippolis binne.
- 14 Februarie – Koning Edward VII open die Britse Parlement vir die eerste keer.
- 31 Maart – Brittanje hou ’n sensus.
- 25 April – New York word die eerste staat wat vereis dat motors nommerplate moet kry.
- 9 Mei – Die Australiese Parlement word vir die eerste keer in Melbourne geopen.
- 29 Mei – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Vlakfontein vind plaas.
- 2 Junie – Katsura Taro word die Eerste Minister van Japan.
- 24 Junie – Eerste uitstalling van Pablo Picasso geopen.
- 21 Augustus – Die Cadillac Motor Maatskappy word gestig in Detroit, Michigan, VSA.
- 14 September – Theodore Roosevelt word die president van die Verenigde State van Amerika na die dood van William McKinley.
- 17 September – Tweede Vryheidsoorlog: Elandsrivier op die plaas Moddefontein - Genl. Smuts val 'n buite pos, beman deur die 17th Lancer, aan
- 17 September – Tweede Vryheidsoorlog: Slag van Bloedrivierpoort, Natal. Genl. Louis Botha oorrompel die Mounted Infantry onder beheer van Luitenant-Kolonel H de la P Gough.
- 25 September – Die Koninkryk van Ashanti word deur Brittanje geannekseer as deel van die Gouekuskolonie.
- 2 Oktober – Die Britse Vloot laat hul eerste duikboot te water.
- 9 November – Prins George, die hertog van Cornwall, word Prins van Wallis en die Graaf van Chester.
- 12 Desember – Guglielmo Marconi ontvang die eerste trans-Atlantiese radiosein, vanaf Poldhu Radiostasie in Cornwall, Engeland na St. John's, Newfoundland.
- 20 Desember – In Stockholm word die eerste Nobelprys toegeken.
Geboortes
- Onbekend – Harry Lawrence, Suid-Afrikaanse politikus († 1973).
- 14 Januarie – Alfred Tarski, Poolse wiskundige en logikus († 1983).
- 16 Januarie – Fulgencio Batista, Kubaanse president en diktator († 1973).
- 1 Februarie – Clark Gable, Amerikaanse akteur († 1960).
- 7 Februarie – Vivian Frederick Maynard FitzSimons, Suid-Afrikaanse herpetoloog († 1975).
- 25 Februarie – Zeppo Marx, Amerikaanse komediant en akteur († 1979).
- 28 Februarie – Linus Pauling, Amerikaanse chemikus, biochemikus, chemiese ingenieur en Nobelpryswenner († 1994).
- 27 Maart – Eisaku Satō, Japannese Premier († 1975).
- 13 April – Jacques Lacan, Franse psigoanalis († 1981).
- 29 April – Hirohito, Japannese keiser († 1989).
- 7 Mei – Gary Cooper, Amerikaanse akteur († 1961).
- 8 Mei – Vladimir Sofronitsky, Russiese klassieke pianis († 1961).
- 20 Mei – Max Euwe, Nederlandse skaakspeler († 1961).
- 29 Mei – Wolfgang Schmieder, Duitse bibliotekaris en musiekkundige († 1990).
- 6 Junie – Sukarno, president van Indonesië († 1970).
- 9 Junie – M.D.C. de Wet Nel, Suid-Afrikaanse politikus († 1984).
- 16 Junie [O.S. 5 Junie] – Anastasia Nikolajewna van Rusland († 1918).
- 22 Junie – Eitemal, Afrikaanse skrywer, digter, redenaar en vertaler († 1984).
- 24 Junie – Harry Partch, Amerikaanse komponis († 1974).
- 29 Junie – Nelson Eddy, Amerikaanse sanger en akteur († 1967).
- 9 Julie – Barbara Cartland, Britse skryfster († 2000).
- 31 Julie – Jean Dubuffet, Franse skilder en beeldhouer († 1985).
- 4 Augustus – Louis Armstrong, Amerikaanse jazztrompetspeler en sanger († 1971).
- 8 September – Hendrik Verwoerd, Nederlandsgebore akademikus, politikus en staatsman, Eerste Minister van Suid-Afrika († 1966).
- 26 September – George Raft, Amerikaanse akteur († 1980).
- 6 Oktober – Wolfgang Langhoff, Duitse akteur en regisseur († 1966).
- 7 Oktober – Wollie Bronkhorst, argitek van kerkgeboue, sendinghospitale, weeshuise en ouetehuise. († 1970).
- 22 Oktober – Lulu Latsky, eerste vrou in Suid-Afrika wat 'n doktorsgraad in Wetenskap verwerf († 1980).
- 26 Oktober – Herman Auerbach, Poolse wiskundige († 1942).
- 3 November – Leopold III van België, koning van België († 1983).
- 22 November – Joaquín Rodrigo, Spaanse komponis († 1999).
- 23 November – Bennie Osler, Suid-Afrika se sewentiende Springbokkaptein († 1962).
- 5 Desember – Walt Disney, animeerder, sketskunstenaar († 1966).
- 8 Desember – F.W. Boonzaier, Afrikaanse dramaturg († 1963).
- 16 Desember – Margaret Mead, Amerikaanse antropoloog († 1978).
- 27 Desember – Marlene Dietrich, Duits-Amerikaanse aktrise († 1992).
Sterftes
- 21 Januarie – Elisha Gray, Amerikaanse elektriese ingenieur (* 1835).
- 22 Januarie – Victoria van die Verenigde Koninkryk (* 1819).
- 27 Januarie – Giuseppe Verdi, Italiaanse komponis (* 1813).
- 7 Februarie – Japie Hauptfleisch, Boere kryger (* 1875).
- 13 Maart – Benjamin Harrison, die drie-en-twintigste President van die Verenigde State (* 1833).
- 9 Mei – Lizzie van Zyl, slagoffer van die Verskroeideaardebeleid (* 1894).
- 19 Mei – M.W. Pretorius, Transvaalse en Vrystaatse staatsman, President van die Oranje-Vrystaat en ZAR (* 1819).
- 20 Julie – Gezina Kruger, tweede vrou van pres. Paul Kruger (* 1831).
- 9 September – Henri de Toulouse-Lautrec, Franse skilder (* 1864).
- 14 September – William McKinley, Amerikaanse staatsman en 25ste President van die Verenigde State (* 1843).
- 13 Oktober – Jan Lambrecht Domien Sleeckx, Vlaamse skrywer (* 1818).