Hierdie blad lys die sjablone wat op die Afrikaanse Wikipedia gebruik word. Die lys is nie volledig nie, maar bied slegs 'n oorsig van die soort sjablone wat op die Afrikaanse Wikipedia beskikbaar is. Sien gerus die kategorie Sjablone of dié lys vir al die beskikbare sjablone.
Indien u op soek is na 'n spesifieke sjabloon en dit nie kan vind nie, vra gerus op die besprekingsblad of die Geselshoekie vir hulp van ander gebruikers.
Sommige sjablone dui die status van sekere artikels aan. Die status het gewoonlik betrekking op die artikel se inhoud; daar kan voorgestel word dat die inhoud verwyder of skoongemaak word, dat die inhoud 'n skending van kopiereg of miskien onderhewig aan verandering is (in die geval van 'n onlangse gebeurtenis). Die volgende sjablone is 'n paar van die mees gebruikte artikelstatussjablone op die Afrikaanse Wikipedia, maar sien gerus die kategorie Artikelstatussjablone vir 'n volledige lys.
Sien gerus Kopieregetikette vir beelde vir sjablone wat by beelde gevoeg kan word.
Sommige gebruikers plaas gebruikersjablone op hul gebruikersblaaie om hulself aan ander Wikipediane en besoekers voor te stel. Hier volg 'n paar meer algemenes. Sien gerus die kategorie Gebruikersjablone vir die volledige lys.
Inligtingskaste is die informele naam vir 'n inligtingstabel wat (gewoonlik) regs bo aan 'n artikel verskyn. Die inligtingstabelle is oor die algemeen groot en het verskeie veranderlike parameters. Die mees gebruikte inligtingskaste word hier genoem, met skakels na van die artikels wat die sjablone gebruik, ter illustrasie. Sien gerus die kategorie Inligtingskassjablone vir 'n volledige lys.
Sien asseblief elke sjabloon se individuele blad vir inligting oor hoe om die sjabloon te gebruik.
Sommige artikels behoort tot 'n reeks artikels oor byvoorbeeld die provinsie Wes-Kaap, die lande van Afrika of selfs kerkargitektuur. Al dié sjablone kan gevind word in die kategorie Reekssjablone. Hier volg egter 'n paar, met hulle instruksies, ter illustrasie.
Gebruik die koördinate-sjabloon om die ligging van 'n plek aan te dui. Hier is 'n paar voorbeelde:
Vir meer inligting, sien en:Template:Coord en Google se GeoWeb FAQ.
Sommgie sjablone kan 'n gebruiker na 'n ander Wikimedia-projek verwys. Sien die individuele sjabloonbladsye vir die gebruik van die sjabloon.
Instruksies
|
Hoe dit vertoon
|
{{Welkom}}
|
Hallo Lys van sjablone, hartlik welkom op die Afrikaanse Wikipedia! Message in English Bericht in het Nederlands
|
Dankie vir jou belangstelling in Wikipedia. Ons werk hier aan die ideaal van ’n gratis en vrylik beskikbare, vrylik bewerkbare, neutrale en volledige ensiklopedie.
|
Die Afrikaanse Wikipedia bestaan al sedert Desember 2001 en bevat reeds 119 069 artikels. Vanaf die begin van die projek het die gebruikers ’n aantal riglyne en uitgangspunte vir artikelbewerking en onderlinge samewerking opgestel. Nuwelinge kan hieruit voordeel trek. Jy mag dit behulpsaam vind om van die skakels in hierdie raampie te volg en met die projek vertroud te raak voordat jy begin bydra. Indien jou vingers jeuk om te eksperimenteer, kan jy gerus ons Sandput besoek: dit is juis vir die rede daar. Uiteindelik wil ons dat al ons gebruikers vry voel om hulle gang te gaan, maar dit doen natuurlik geen kwaad om ’n bietjie houvas te kry voor 'n mens in die diep kant in spring nie! Besoek gerus ook ons Geselshoekie, ons gebruikers staan gereed om hand by te sit, of bloot net hand te skud.
|
|
Verifieerbaarheid Die eerste van Wikipedia se drie kernbeleide
|
|
Geselshoekie Die gewilde bymekaarkomplek
|
|
Geen oorspronklike navorsing Die tweede van Wikipedia se drie kernbeleide
|
|
Sandput Eksperimenteer na hartelus
|
|
Neutrale standpunt Die derde van Wikipedia se drie kernbeleide
|
|
Redigeringsinstruksies Hoe maak ek: teks wat skuinsgedruk is? ’n opskrif? tabelle?
|
|
Wat Wikipedia nie is nie Daar is ook ’n paar dinge wat ons nié hier doen nie
|
|
Beelde As jy beelde wil oplaai
|
|
Beleefdheid Ken jou maniere
|
|
Wenke vir die skryf van ’n goeie artikel Soms sê die naam alles
|
Hierdie bladsy, wat nou op jou skerm vertoon word, is trouens jou persoonlike besprekingsbladsy. Die plek waar ander Wikipediane jou in die toekoms kan kontak en jy hulle dan kan beantwoord. Elke gebruiker het so ’n bladsy. Jy kan dus ook boodskappe op ander gebruikers se besprekingsbladsye los. Sluit boodskappe en besprekings altyd af met ~~~~ of deur op die handtekeningknop in die wysigingsvenster te kliek: sodoende word jou boodskap onderteken met jou gebruikersnaam en die datum en tyd waarop die boodskap gestuur is. Kliek dan laastens op "Publiseer wysigings" om enige bewerkings te stoor.
|
|
|