Olimpiese Somerspele 1912

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Spele van die Ve Olimpiade
Olimpiesespele van 1912

Gehou in Stockholm, Swede
Deelnemende lande 28
Deelnemende atlete 2 547 (2 490 mans, 57 vroue)
Items 102 in 14 sporte
Openingseremonie 5 Mei 1912
Sluitingseremonie 27 Julie 1912
Amptelik geopen deur Z.K.H Gustaaf V
Atlete-eed
Beampte-eed
Olimpiese vlam
Vorige Spele 1908: Londen (Verenigde Koninkryk)
Volgende Spele 1916: Berlyn (Duitsland)
Opening van die 1912 Stockholm-Spele.

Die Olimpiese Somerspele van de Vde Olimpiade is in 1912 in Stockholm, Swede aangebied. Hierdie spele was 'n toonbeeld van effektiwiteit, vir die eerste keer word van 'n omroepstelsel en elektroniese tydmeting gebruik gemaak. Vir die Spele bou die organisasiekomitee die bekende rooi baksteen stadion met sy middeleeuse aansig, wat twee-en-dertigduisend toeskouers kon akkomodeer. Die swemitems vind in die soutwater swembad van Djurgårdsbrunnsviken, in die middel van Stockholm plaas.

Suid-Afrikaanse deelname[wysig]

Suid-Afrika neem aan hierdie Spele deel en behaal 'n algehele sewende plek met vier goue en twee silwer medaljes. Rudolph Lewis wen onder andere 'n goue medalje in fietsry en word so die eerste Suid-Afrikaner om 'n goue medalje in die sport te wen. Kenneth McArthur wen die goue medalje in die marathon en sy landgenoot, Christopher Gitsham, wen die silwermedalje.

Suid-Afrika wen die goue medalje in die tennis dubbelspel en Charles Lyndhurst Winslow wen goud in die enkelspel terwyl Harry Austin Kitson 'n silwermedalje losslaan.[1]

Aantal medaljes[wysig]

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1 Vlag van Verenigde State Verenigde State - 25 19 19 63
2 Vlag van Swede Swede - 24 24 17 65
3 Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk - 10 15 16 41
4 Vlag van Finland Finland - 9 8 9 26
5 Vlag van Frankryk Frankryk - 7 4 3 14
6 Vlag van Duitsland Duitsland - 5 13 7 25
7 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika - 4 2 0 6
8 Vlag van Noorweë Noorweë - 4 1 4 9
9 Vlag van Kanada Kanada - 3 2 3 8
Vlag van Hongarye Hongarye - 3 2 3 8
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896 · 1900 · 1904 · 1906* · 1908 · 1912 · 1916 · 1920 · 1924 · 1928 · 1932 · 1936 · 1940 · 1944 · 1948 · 1952 · 1956 · 1960 · 1964 · 1968 · 1972 · 1976 · 1980 · 1984 · 1988 · 1992 · 1996 · 2000 · 2004 · 2008 · 2012 · 2016 · 2020

Olimpiese Winterspele: 1924 · 1928 · 1932 · 1936 · 1940 · 1944 · 1948 · 1952 · 1956 · 1960 · 1964 · 1968 · 1972 · 1976 · 1980 · 1984 · 1988 · 1992 · 1994 · 1998 · 2002 · 2006 · 2010 · 2014 · 2018 · 2022
Internasionale Olimpiese Komitee - Nasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

Verwysings[wysig]

  1. SA se geskiedenis by die Olimpiese Spele, Rapport, 1 Julie 2012