Olimpiese Somerspele 1920

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Spele van die VIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1920

Gehou in Antwerpen, België
Deelnemende lande 29
Deelnemende atlete 2 669 (2 591 mans, 78 vroue)
Items 154 in 22 sporte
Openingseremonie 20 April 1920
Sluitingseremonie 12 September 1920
Amptelik geopen deur Z.K.H. Albert I
Atlete-eed Victor Boin (Waterpolo/skerm)
Beampte-eed {{{beampte}}}
Olimpiese vlam {{{vlam}}}
Vorige Spele 1916: Berlyn (Duitsland)
Volgende Spele 1924: Parys (Frankryk)

Die Olimpiese Somerspele van die VIIe Olimpiade word in 1920 in Antwerpen, België aangebied. Die Spele word aan België toegeken vanweë die lyding wat die Belgiese volk tydens die Eerste Wêreldoorlog verduur het. Amsterdam en Lyon het ook aansoek gedoen om die Spele aan te bied. Lyon trek egter hulle nominasie terug voor die stemming plaasvind. Atlete vanuit 29 lande neem deel aan die Spele. Duitsland en Oostenryk word nie uitgenooi nie. Rusland bly weg omdat hy deur 'n revolusie verskeur word.

Die Spele was nie 'n reuse sukses nie. Die hoë toegangsgelde skrik die publiek af. Een toegangskaartjie kos byvoorbeeld 3 frank, 'n baie hoë prys vir die tyd. Dit was nie net die hoë pryse nie, maar slegte weer hou ook die volk weg. Die organisasiekomitee aanvaar skuld hiervoor, maar weier elke elke ekstra uitgawe, selfs die publikasie van 'n gedenkboek.

Suid-Afrikaanse deelname[wysig]

Clarence Leonard Walker wen die goue medalje in boks in die kapokgewig afdeling. Henry Justaves Kaltenburg wen silwer in die fietsry pad tydtoets terwyl Suid-Afrika silwer in die Tandem-2000 m wen en brons in die 4000 m span kompetisie.

Suid-Afrika wen ook silwer in die 600 m skiet kompetisie terwyl Louis Raymond en Charles Lyndhurst Winslow goud en brons onderskeidelik in die tennis enkelspel wen.

Bevil Gordon D'Urban Rudd wen goud en brons in die 400 m en 800 m en Suid-Afrika wen silwer in die 400 m mans aflos.

Aantal medaljes[wysig]

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1 Vlag van Verenigde State Verenigde State - 41 27 27 95
2 Vlag van Swede Swede - 19 20 25 64
3 Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk - 15 15 13 43
4 Vlag van Finland Finland - 15 10 9 34
5 Vlag van België België (gasheer) - 14 11 11 36
6 Vlag van Noorweë Noorweë - 13 9 9 31
7 Vlag van Italië Italië - 13 5 5 23
8 Vlag van Frankryk Frankryk - 9 19 13 41
9 Vlag van Nederland Nederland - 4 2 5 11
10 Vlag van Denemarke Denemarke - 3 9 1 13
11 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika - 3 4 3 10
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896 · 1900 · 1904 · 1906* · 1908 · 1912 · 1916 · 1920 · 1924 · 1928 · 1932 · 1936 · 1940 · 1944 · 1948 · 1952 · 1956 · 1960 · 1964 · 1968 · 1972 · 1976 · 1980 · 1984 · 1988 · 1992 · 1996 · 2000 · 2004 · 2008 · 2012 · 2016 · 2020

Olimpiese Winterspele: 1924 · 1928 · 1932 · 1936 · 1940 · 1944 · 1948 · 1952 · 1956 · 1960 · 1964 · 1968 · 1972 · 1976 · 1980 · 1984 · 1988 · 1992 · 1994 · 1998 · 2002 · 2006 · 2010 · 2014 · 2018 · 2022
Internasionale Olimpiese Komitee - Nasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.