Olimpiese Winterspele 1956
VIIe Olimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Winterspele 1956 (Italiaans: VII Giochi olimpici invernali), amptelik bekend as die VIIde Olimpiese Winterspele, is tussen 26 Januarie en 5 Februarie 1956 in Cortina d'Ampezzo, Italië, aangebied. Die ander kandidaatstede was Colorado Springs en Lake Placid in die Verenigde State asook Montreal in Kanada. Die Olimpiese Somerspele 1956 is in Melbourne, Australië, aangebied.
Die Sowjetunie stuur vir die eerste keer 'n afvaardiging na die Winterspele en maak skoonskip deur die meeste medaljes te verower.
Toewysing
[wysig | wysig bron]Cortina d'Ampezzo is op 28 April 1949 in Rome deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 1956. Ander kandidate was: Colorado Springs, Lake Placid en Montreal.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 1956[2] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | ||||
Cortina d'Ampezzo | Italië | 31 | ||||
Montreal | Kanada | 7 | ||||
Colorado Springs | Verenigde State | 2 | ||||
Lake Placid | Verenigde State | 1 |
Sporte
[wysig | wysig bron]4 Olimpiese sporte in 8 dissiplines is tydens die Spele beoefen.
- Bobslee (2)
- Nordiese ski
- Alpeski (6)
- Heg-en-steg-ski (6)
- Noorse kombinasie (1)
- Skansspring (1)
- Skaats
- Kunsskaats (3)
- Langbaanskaats (4)
- Yshokkie (1)
Kalender
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | SS | Sluitingseremonie |
Januarie 1956 Februarie 1956 |
26 Do |
27 Vr |
28 Sa |
29 So |
30 Ma |
31 Di |
1 Wo |
2 Do |
3 Vr |
4 Sa |
5 So |
Wedstryde |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Seremonies | OS | SS | ||||||||||
Alpeski | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 6 | |||||
Bobslee | ● | 1 | ● | 1 | 2 | |||||||
Heg-en-steg-ski | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 6 | |||||
Kunsskaats | ● | ● | ● | 1 | 1 | 1 | 3 | |||||
Langbaanskaats | 1 | 1 | 1 | 1 | 4 | |||||||
Noorse kombinasie | ● | 1 | 1 | |||||||||
Skansspring | 1 | 1 | ||||||||||
Yshokkie | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | |
Totaal | 0 | 2 | 3 | 2 | 3 | 3 | 3 | 2 | 2 | 3 | 1 | 24 |
Kumulatief | 0 | 2 | 5 | 7 | 10 | 13 | 16 | 18 | 20 | 23 | 24 | 24 |
Deelnemende nasies
[wysig | wysig bron]Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
- Australië (10)
- België (6)
- Bolivië (1)
- Bulgarye (7)
- Chili (4)
- Duitsland (75)
- Finland (34)
- Frankryk (37)
- Griekeland (3)
- Hongarye (2)
- Iran (4)
- Italië (79)
- Japan (10)
- Joego-Slawië (18)
- Kanada (37)
- Libanon (3)
- Liechtenstein (8)
- Nederland (8)
- Noorweë (51)
- Oostenryk (66)
- Pole (53)
- Roemenië (20)
- Sowjetunie (67)
- Spanje (14)
- Suid-Korea (4)
- Swede (68)
- Switserland (61)
- Tsjeggo-Slowakye (41)
- Turkye (6)
- Verenigde Koninkryk (45)
- Verenigde State (74)
- Ysland (8)
Getal medaljes
[wysig | wysig bron]Hier is die top 13 lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Sowjetunie (URS) | 67 | 7 | 3 | 6 | 16 |
2 | Oostenryk (AUT) | 66 | 4 | 3 | 4 | 11 |
3 | Finland (FIN) | 34 | 3 | 3 | 1 | 7 |
4 | Switserland (SUI) | 61 | 3 | 2 | 1 | 6 |
5 | Swede (SWE) | 68 | 2 | 4 | 4 | 10 |
6 | Verenigde State (USA) | 74 | 2 | 3 | 2 | 7 |
7 | Noorweë (NOR) | 51 | 2 | 1 | 1 | 4 |
8 | Italië (ITA) | 79 | 1 | 2 | 0 | 3 |
9 | Duitsland (GER) | 75 | 1 | 0 | 1 | 2 |
10 | Kanada (CAN) | 37 | 0 | 1 | 2 | 3 |
11 | Japan (JPN) | 10 | 0 | 1 | 0 | 1 |
12 | Hongarye (HUN) | 2 | 0 | 0 | 1 | 1 |
Pole (POL) | 53 | 0 | 0 | 1 | 1 | |
Totaal (13 NOKs) | 677 | 25 | 23 | 24 | 72 |
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Olimpiese Winterspele 1944 in Cortina d'Ampezzo beplan, maar weens die Tweede Wêreldoorlog gestaak
- Olimpiese Somerspele 1960 in Rome
- Olimpiese Winterspele 2006 in Turyn
- Olimpiese Winterspele 2026 in Cortina d'Ampezzo en Milaan
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.
- ↑ (en) "Past Olympic Host City Election Results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 20 Januarie 2018.
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) David Wallechinsky (2005). The Complete Book of the Winter Olympics, Turin 2006 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-45-9.
- (de) Volker Kluge (1999). Olympische Winterspiele. Die Chronik. Chamonix 1924 – Nagano 1998. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00831-4.
- (en) Krüger, Arnd; Goksör, Matti; von der Lippe, Gerd; Mo, Kristian (1996). The History of the Olympic Winter Games. The Invention of a Tradition.
{{cite book}}
:|work=
ignored (hulp)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Winterspele 1956. |
- (en) Cortina d Ampezzo 1956 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |