Nico Hülkenberg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nico Hülkenberg
Hülkenberg by die 2016 Maleisiese Grand Prix
Hülkenberg by die 2016 Maleisiese Grand Prix
Geboortedatum 19 Augustus 1987 (1987-08-19) (30 jaar oud)
Geboorteplek Emmerich am Rhein, Wes-Duitsland
Volle naam Nicolas Hülkenberg
Nasionaliteit Vlag van Duitsland Duitser
Aktiewe jare 2010-tans
Ou span(ne) Force India-Mercedes[1]
Span in 2018 Renault F1[2]
Motornommer 27
Inskrywings 139 (137 begin)
Oorwinnings 0
Podiums 0
Loopbaanpunte 419
Voorste wegspronge 1
Vinnigste rondtes 2
Eerste wedren 2010 Bahreinse Grand Prix
Laaste inskrywing 2018 Monaco Grand Prix
Laaste seisoen 2017
Verlede jaar plek 10de (43 punte)
Nico Hülkenberg tydens die 2015 Kanadese Grand Prix.

Nico Hülkenberg (Duitse uitspraak: [Niko hʏlkənbɛɐ̯k], gebore 19 Augustus 1987) is 'n Duitse professionele renjaer wat tans vir die Renault Formule 1-span jaag.

In 2015 het hy ook aan twee rondtes van die 2015 Wêreldbeker-FIA-uithoukampioenskapseisoen vir Porsche deelgeneem, en wen die 2015 Le Mans 24-uur in sy eerste poging. Hy was die 2009-kampioen in die GP2-reeks, en is 'n vorige kampioen van beide die Formule 3 Euro-reeks en A1 Grand Prix, as deel van A1-span Duitsland. Hy is een van slegs drie jaers wat sedert 2005 die GP2-kampioenskap in sy debuutseisoen kon inpalm, die ander twee is Lewis Hamilton en Nico Rosberg.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Nico Hülkenberg returns to Sahara Force India with multi-year deal". Sahara Force India F1 Team. Sahara Force India F1 Team. 3 Desember 2013. Besoek op 3 Desember 2013. 
  2. "Nico Hülkenberg joins Renault Sport Formula One Team". Renault Sport F1. Besoek op 14 Oktober 2016.