Sebastian Vettel
Sebastian Vettel | |
---|---|
Sebastian Vettel in 2019
| |
Geboortedatum | 3 Julie 1987 |
Geboorteplek | Heppenheim, Hesse, Wes-Duitsland |
Nasionaliteit | Duitser |
Aktiewe jare | 2007-2022 |
Ou span(ne) | Red Bull, Ferrari,[1][2] Aston Martin-Mercedes |
Motornommer | 5 |
Inskrywings | ( begin) |
Kampioenskappe | 4 (2010, 2011, 2012 en 2013) |
Eerste F1-wedren | 2007 VSA Grand Prix |
Eerste wen | 2008 Italiaanse Grand Prix |
Laaste wen | 2019 Singapoerse Grand Prix |
Laaste inskrywing | 2022 Aboe Dhabi Grand Prix |
Laaste seisoen | 2022 |
Verlede jaar plek | 11de (37 punte) |
Sebastian Vettel (gebore 3 Julie 1987 in Heppenheim) is 'n Duitse voormalige Formule Eenrenjaer. Hy was vier keer die wêreldbestuurderskampioen, in 2010, 2011, 2012 en 2013. Tot einde 2020 was hy 'n lid van die Scuderia Ferrari-span saam met spanmaat Charles Leclerc. Vettel het op 12 Mei 2020 aangekondig dat sy en Ferrari se paaie aan die einde van die 2020 Formule Een-seisoen gaan skei.[3] Hy was in 2021 en 2022 opgeneem in die Aston Martin-Mercedesspan.
Vettel het in 2007 op die ouderdom van 19 jaar en 53 dae die jongste Formule Eenbestuurder geword wat (op daadie tydstip) nog aan 'n Grand Prixwedren deelgeneem het. Tydens die wedren by die 2007 Verenigde State Grand Prix het hy ook die jongste bestuurder geword wat kampioenskapspunte kon verdien. Terwyl hy vir die Toro Rossospan by die 2007 Japannese Grand Prix gejaag het, het hy ook die jongste bestuurder geword wat in die eerste posisie kon wegspring tydens 'n wedren.
Vettel se bynaam is Baby Schumi, te danke aan sy bestuurstyl wat soortgelyk is aan die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen, Michael Schumacher.
Uittrede
[wysig | wysig bron]Vettel het op 28 Julie 2022 aangekondig dat hy uit Formule 1 tree aan die einde van die 2022-seisoen.[4] Sy renmaats en spanlede het hom met 'n swaar gemoed gegroet op 20 November 2022.
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Seisoen | Kampioenskapsreeks | Span | Wedrenne | Wenne | Voorste wegspronge |
Vinnigste rondes |
Podiumplekke | Punte | Plek |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2003 | Formule BMW ADAC seisoen | Eifelland Racing | 19 | 5 | 5 | 4 | 12 | 216 | 2de |
2004 | Formule BMW ADAC seisoen | Mücke Motorsport | 20 | 18 | 14 | 13 | 20 | 387 | 1ste |
2005 | Formule 3 Euro-reeks seisoen | Mücke Motorsport | 20 | 0 | 0 | 1 | 5 | 57 | 5de |
Meesters van Formule 3 | 1 | 0 | 0 | 0 | 0 | N/A | 11de | ||
Europese F3 Opekampioenskap | Racing Engineering | 1 | 0 | 0 | 0 | 1 | 8 | 15de | |
Macau Grand Prix | ART Grand Prix | 1 | 0 | 0 | 0 | 1 | N/A | 3de | |
Formule Een-seisoen | Williams | Toetsbestuurder | |||||||
2006 | Formule 3 Euro-reeksseisoen | ART Grand Prix | 20 | 4 | 1 | 5 | 9 | 75 | 2de |
Macau Grand Prix | 1 | 0 | 0 | 0 | 0 | N/A | 23ste | ||
Formule Renault 3.5 seisoen | Carlin Motorsport | 3 | 1 | 1 | 0 | 2 | 28 | 15ste | |
Meesters van Formule 3 | Mücke Motorsport | 1 | 0 | 0 | 0 | 0 | N/A | 6de | |
Formule Een-seisoen | BMW Sauber | Toetsbestuurder | |||||||
2007 | Formule Renault 3.5-reeksseisoen | Carlin Motorsport | 7 | 1 | 1 | 1 | 4 | 74 | 5de |
Formule Een-seisoen | BMW Sauber F1-Span | 1 | 0 | 0 | 0 | 0 | 6 | 14de | |
Scuderia Toro Rosso | 7 | 0 | 0 | 0 | 0 | ||||
2008 | Formule Een-seisoen | Scuderia Toro Rosso | 18 | 1 | 1 | 0 | 1 | 35 | 8ste |
2009 | Formule Een-seisoen | Red Bull Racing | 17 | 4 | 4 | 3 | 8 | 84 | 2de |
2010 | Formule Een-seisoen | Red Bull Racing | 19 | 5 | 10 | 3 | 10 | 256 | 1ste |
2011 | Formule Een-seisoen | Red Bull Racing | 19 | 11 | 15 | 3 | 17 | 392 | 1ste |
2012 | Formule Een-seisoen | Red Bull Racing | 20 | 5 | 6 | 6 | 10 | 281 | 1ste |
2013 | Formule Een-seisoen | Infiniti Red Bull Racing | 19 | 13 | 9 | 7 | 16 | 397 | 1ste |
2014 | Formule Een-seisoen | Infiniti Red Bull Racing | 19 | 0 | 0 | 2 | 4 | 167 | 5de |
2015 | Formule Een-seisoen | Scuderia Ferrari | 19 | 3 | 1 | 0 | 13 | 278 | 3de |
2016 | Formule Een-seisoen | Scuderia Ferrari | 21 | 0 | 0 | 3 | 6 | 212 | 4de |
2017 | Formule Een-seisoen | Scuderia Ferrari | 20 | 5 | 4 | 5 | 13 | 317 | 2de |
2018 | Formule Een-seisoen | Scuderia Ferrari | 21 | 5 | 5 | 3 | 12 | 320 | 2de |
2019 | Formule Een-seisoen | Scuderia Ferrari | 21 | 1 | 2 | 2 | 8 | 240 | 5de |
2020 | Formule Een-seisoen | Scuderia Ferrari | 17 | 0 | 0 | 0 | 1 | 33 | 13de |
2021 | Formule Een-seisoen | Aston Martin Racing | 22 | 0 | 0 | 0 | 1 | 43 | 12de |
Formule Een-uitslae
[wysig | wysig bron](Uitslae met P toon voorste wegspronge aan, V is vinnigste rondte)
† Kon nie die ren voltooi nie, maar is geklassifiseer omrede hy meer as 90% van die wedrenafstand afgelê het.
‡ Halwe punte is in België toegeken in 2021 omdat daar minder as 75% van die wedren afgelê is weens hewige reën.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Welcome Sebastian – Vettel and Raikkonen 2015 driver pairing". Ferrari (in Engels). Ferrari. 20 November 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2015. Besoek op 20 November 2014.
- ↑ "Sebastian Vettel" (in Engels). Ferrari. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2019. Besoek op 23 Maart 2015.
- ↑ https://maroelamedia.co.za/sportnuus/ander-sport/vettel-en-ferrari-se-paadjies-skei/ Besoek op 13 Mei 2020
- ↑ "Sebastian Vettel to retire from F1 at the end of the 2022 season". www.astonmartinf1.com/. Besoek op 28 Julie 2022.