Victory Park
Victory Park | |
---|---|
Koördinate: 26°08′10″S 28°0′32″O / 26.13611°S 28.00889°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Hoofplek | Johannesburg |
Stigting | Januarie 1919 |
Oppervlak | |
• Totaal | 1,50 km2 (0,58 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 402 |
• Digtheid | 1 601/km2 (4 150/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 56,5% |
• Indiërs/Asiërs | 12,5% |
• Bruin mense | 1,0% |
• Swart mense | 28,9% |
• Ander | 1,2% |
Taal (2011) | |
• Engels | 68,3% |
• Afrikaans | 7,5% |
• Zoeloe | 5,9% |
• Tswana | 5,0% |
• Ander | 13,4% |
Victory Park is ’n voorstad van Johannesburg, sowat 8 km noordnoordwes van die stadsaal.
Victory Park tesame met die Victory Park-kleinhoewes, wat uit enkele oop stukke grond, ’n paar straatblokke met onder meer die Joodse privaat hoërskool King David en die Victory Park Hebreeuse gemeente se geboue, beslaan sowat 1,6 km². In die noorde grens dit aan Deltapark in Blairgowrie, in die noordooste aan Craighall Park, in die weste aan Parkhurst, in die suidooste aan Greenside, in die suidweste aan Emmarentia en in die weste aan Linden. Ingevolge die ou munisipale bedeling was, het Victory Park dus onder Johannesburg geval en is dit deur Linden van Randburg geskei.
Victory Park is uitgelê op die plas Braamfontein en aansoek daarvoor is in Januarie 1919 gedoen. Die naam herdenk volgens oorlewering die oorwinning van die Geallieerdes tydens die Eerste Wêreldoorlog (1914–18).
Die voorstad het blykbaar stadig ontwikkel, want in 1934 was hier net 10 Afrikaanse en agt Engelse kiesers op die munisipale kieserslys. Teen 1949 was dit 16 en 26, maar teen 1961 het die Engels kiesers skerp toegeneem tot 171, vergeleke met 45 Afrikaanssprekendes. Die voorstad huisves drie van Johannesburg se agt privaat Joodse Kind David-skole: ’n preprimêre (132 leerders in 2017), primêre (343) en sekondêre skool (375). Die sekondêre skool was toe net die helfte so groot soos die Hoërskool King David in Linksfield in die noordooste van Johannesburg, wat tradisioneel 'n groter Joodse teenwoordigheid het as die noordweste.
Bronne
[wysig | wysig bron]- (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers
- (af) Stals, prof. dr. E.L.P (red.). 1978. Afrikaners in die Goudstad. Deel 1. 1886 - 1924. Kaapstad en Pretoria: HAUM.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Victory Park". Sensus 2011.