Suideroord

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Suideroord
Ligging van Suideroord op 'n kaart (Gauteng)
Suideroord
Suideroord
 Suideroord se ligging in Gauteng
Koördinate: 26°16′19″S 28°1′40″O / 26.27194°S 28.02778°O / -26.27194; 28.02778Koördinate: 26°16′19″S 28°1′40″O / 26.27194°S 28.02778°O / -26.27194; 28.02778
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Gauteng
Munisipaliteit Stad Johannesburg
Hoofplek Johannesburg
Oppervlak
 - Voorstad 1,41 km²  (0,5 vk m)
Bevolking (2011)
 - Voorstad 3 556
 - Digtheid 2 522/km² (6 532/myl2)
Rasverdeling (2011)
 • Blank 35,2%
 • Indiër/Asiër 17,2%
 • Kleurling 11,8%
 • Swart 33,3%
 • Ander 2,5%
Taal (2011)
 • Engels 57,0%
 • Afrikaans 13,6%
 • Zoeloe 10,0%
 • Sotho 5,1%
 • Ander 2,5%
Poskode (strate) 2091

Suideroord is 'n voorstad van Johannesburg wat in die administratiewe Streek F, sowat 8 km suid van die middestad, geleë is. Suideroord beslaan 'n oppervlakte van 1,54 km², terwyl die bevolking in die sensus van 2011 as 3 556 bepaal is. Die voorstad word verder verdeel in twee woonbuurte, Suideroord-Noord en Suideroord-Suid. Suideroord is oorspronklik in die 1970's as 'n blanke woonbuurt ontwikkel.[1]

Noemenswaardige geboue in Suideroord sluit die Anglikaanse St Andrews-kerk in Burgerstraat in.[2] Honderde Afrikaner-slagoffers van 'n Britse konsentrasiekamp, wat tydens die Anglo-Boereoorlog op die terrein van die Turffontein-renbaan ingerig is, het hul laaste rusplek in Suideroord gevind.[3][4] Die begrafnisterrein is in die vorm van sewe groot doodkiste ontwerp.

Verwysings[wysig | wysig bron]