Roseacre

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Roseacre
Ligging van Roseacre op 'n kaart (Gauteng)
Roseacre
Roseacre
 Roseacre se ligging in Gauteng
Koördinate: 26°14′20″S 28°4′52″O / 26.23889°S 28.08111°O / -26.23889; 28.08111Koördinate: 26°14′20″S 28°4′52″O / 26.23889°S 28.08111°O / -26.23889; 28.08111
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Gauteng
Munisipaliteit Stad Johannesburg
Oppervlak[1]
 - Voorstad 0,60 km²  (0,2 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Voorstad 1 709
 - Digtheid 2 848/km² (7 376,3/myl2)
Rasverdeling (2011)[1]
 • Blank 37.4%
 • Indiër/Asiër 6.9%
 • Kleurling 14.0%
 • Swart 35.9%
 • Ander 5.7%
Taal (2011)[1]
 • Engels 50.6%
 • Afrikaans 17.0%
 • Zoeloe 8.7%
 • Xhosa 2.7%
 • Ander 21.0%
Poskode (strate) 2197

Roseacre is 'n voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is in Johannesburg se F-streek geleë, sowat 5 km suidoos van die stadsaal, oos van Regents Park en noordwes van Moffat View.

Roseacre is een van die laaste voorstede van minstens 10 wat op die Transvaalse Volksraadslid J.H. Meyer, na wie Meyerton genoem is, se plaas Klipriviersberg aangelê is. Roseacre is op 14 Mei 1947 op 'n noordwestelike deel van die plaas geproklameer, en Linmeyer in die suidweste van die plaas sowat ses weke later op 25 Junie daardie jaar. In 1955 het ook nog Elladoone aan die beurt gekom en die jaar daarna Unigray. Roseacre is volgens oorlewering genoem na Roseacre in Noord-Lancashire, waarvandaan die eienaar van die dorpsgebied, William Harrison, gekom het.

Bron[wysig | wysig bron]

  • (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Subplek Roseacre”. Sensus 2011.


Flag of Johannesburg.svg Hierdie artikel omtrent 'n plek in Johannesburg is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.