Berea, Johannesburg
Berea | |
---|---|
Koördinate: 26°11′6″S 28°3′10.8″O / 26.18500°S 28.053000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 1,01 km2 (0,39 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 42 801 |
• Digtheid | 42 377/km2 (109 760/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.7% |
• Indiërs/Asiërs | 0.9% |
• Bruin mense | 0.9% |
• Swart mense | 97.1% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 32.9% |
• Suid-Ndebele | 18.7% |
• Engels | 13.0% |
• Noord-Sotho | 5.0% |
• Ander | 30.4% |
Berea is 'n voorstad van Johannesburg in Gauteng. Dit is volgens die stadsindeling in Gebied F geleë. Berea word aan die westekant deur Hillbrow begrens, aan die ooste deur Yeoville, en aan sy suidekant lê Doornfontein.
Berea is in 1889 deur die mynmagnaat en miljoenêr Barney Barnato aangelê op ’n heuwel wat op die middestad uitkyk. Hy het ’n weelderige herehuis in Barnatostraat begin bou, maar is oorlede voordat dit voltooi kon word. Dit het later ’n kosskool geword. Aan Tudhopelaan was een van die eerste gholfbane in die stad, maar dit is later toegebou. Johannesburg se eerste opgaardam was oos van Berea, bo Saratogalaan. Die voorstad is waarskynlik genoem na Berea in Durban omdat dit, nes daardie voorstad, op ’n heuwel geleë is wat oor die stad uitkyk.
Deesdae bestaan die voorstad hoofsaaklik uit woonstelblokke, onder meer die Tygerberg-gebou waarvan die Ponte-toringgebou die hoogste is. Die omgewing het in die 1990's en vroeë 2000's 'n demografiese omwenteling ondergaan, soortgelyk aan dié van Hillbrow, waartydens eiendomspryse aansienlik gedaal het.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Berea". Sensus 2011.
Hierdie artikel omtrent 'n plek in Johannesburg is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.