Longdale

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Longdale
Ligging van Longdale op 'n kaart (Gauteng)
Longdale
Longdale
 Longdale se ligging in Gauteng
Koördinate: 26°12′0″S 27°58′0″O / 26.20000°S 27.96667°O / -26.20000; 27.96667Koördinate: 26°12′0″S 27°58′0″O / 26.20000°S 27.96667°O / -26.20000; 27.96667
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Gauteng
Munisipaliteit Stad Johannesburg
Hoofplek Johannesburg
Oppervlak[1]
 - Voorstad 0,84 km²  (0,3 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Voorstad 2 773
 - Digtheid 3 301/km² (8 549,6/myl2)
Rasverdeling (2011)[1]
 • Blank 3,3%
 • Indiër/Asiër 1,1%
 • Kleurling 22,1%
 • Swart 73,4%
 • Ander 0,3%
Taal (2011)[1]
 • Engels 21,2%
 • Zoeloe 19,6%
 • Xhosa 15,9%
 • Tsonga 11,1%
 • Ander 32,2%

Longdale is ’n nywerheidsvoorstad van Johannesburg, sowat 8 km wes van die stadsaal.

Dit loop langwerpig van die noordweste na die suidooste oor ’n afstand van sowat 2,8 km, maar van noord na suid is die verste uithoeke skaars 450 m. Longdale grens in die ooste aan ’n oorblywende onbeboude deel van die plaas Langlaagte, in die suide aan Riverlea, in die weste aan Commandoweg en in die noorde aan Industria-Wes. Die naam is die Engelse vorm van die naam van die plaas waarop dit uitgelê is, Langlaagte.

Volgens die syfers van die 2011-sensus het Longdale ’n bevolking van 2 773 gehad, van wie 73,2% swart en 22,1% bruin was, maar dié syfers het eintlik betrekking op ’n plakkerskamp suid van Longdale Walk wat vir die sensusdoeleindes saam met Longdale getel is.[2]

Bronne[wysig | wysig bron]

  • (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Longdale". Sensus 2011. 
  2. (en) Adrian Frith se sensuswebtuiste. URL besoek op 4 Februarie 2018.