Rosettenville
Voorkoms
Rosettenville | |
---|---|
Koördinate: 26°15′5″S 28°3′19″O / 26.25139°S 28.05528°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,29 km2 (0,88 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 17 319 |
• Digtheid | 7 563/km2 (19 590/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 12.2% |
• Indiërs/Asiërs | 2.0% |
• Bruin mense | 7.0% |
• Swart mense | 77.2% |
• Ander | 1.7% |
Taal (2011) | |
• Engels | 25.2% |
• Zoeloe | 18.7% |
• Xhosa | 10.5% |
• Afrikaans | 6.8% |
• Ander | 38.8% |
Poskode (strate) | 2190 |
Poskode (posbusse) | 2130 |
Skakelkode | 011 |
Rosettenville is 'n voorstad in die suide van Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is 5 km suid van die stadsaal geleë, suid van La Rochelle, oos van Kenilworth en wes van The Hill.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Rosettenville is een van Johannesburg se oudste voorstede aangesien dit reeds in 1889, drie jaar ná die stad se stigting, op die plaas Turffontein aangelê is. Die naam is ontleen aan die van van die stigters, Levin of Leo Rosettenstein en sy seun Albert.
Die heel eerste Nandos-restaurant is in Rosettenville geopen.
Rosettenville is onder meer bekend as die plek waar die reggae-musikant Lucky Dube in Oktober 2007 voor sy kinders doodgeskiet is.
Bron
[wysig | wysig bron]- (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Rosettenville". Sensus 2011.
Hierdie artikel omtrent 'n plek in Johannesburg is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.