Petervale, Johannesburg
Petervale, Johannesburg | |
---|---|
Koördinate: 26°2′22″S 28°2′46″O / 26.03944°S 28.04611°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,72 km2 (0,28 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 928 |
• Digtheid | 1 289/km2 (3 340/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 51.7% |
• Indiërs/Asiërs | 7.4% |
• Bruin mense | 4.3% |
• Swart mense | 33.4% |
• Ander | 3.1% |
Taal (2011) | |
• Engels | 63.6% |
• Afrikaans | 8.6% |
• Zoeloe | 4.7% |
• Xhosa | 3.4% |
• Ander | 19.6% |
Petervale is 'n voorstad van Johannesburg in Suid-Afrika. Dit is in Gebied 3.
Petervale is langs die N1 nasionale pad en word omring deur die voorstede Rivonia, Bryanston en Paulshof. Dit is verder naby aan Sunninghill en Morningside. Daar is 'n klein winkelsentrum en 'n kliniek in Petervale. Langs Cambridgestraat is ook 'n groot veld wat deel vorm van Gebied 3 se groengordel.
Petervale kan bereik word vanaf die N1 hoofweg (Suid of Noord) deur die Rivonia-afrit te neem. Ry noord in Rivoniaweg en draai links in Witkoppenlaan. Ry verby die Cambridge kantoorpark en draai links in Cambridgestraat. Volg dit oor die hoofweg tot in Petervale.
Rivonia en Bryanston kan bereik word vanaf Petervale deur Twaalfde Laan.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Petervale, Johannesburg". Sensus 2011.
Hierdie artikel omtrent 'n plek in Johannesburg is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.