Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Koningin Elizabeth II)
Spring na: navigasie, soek
Elizabeth II
Koningin van die Verenigde Koninkryk, Kanada, Australië, Nieu-Seeland en die ander Statebondsryke
Koningin Elizabeth II in 2007.
Koningin Elizabeth II in 2007.
Vorstehuis Windsor
Titels HM die Koningin
HKH prinses Elizabeth, die Hertogin van Edinburg
HKH prinses Elizabeth
HKH prinses Elizabeth van York
Regeer 6 Februarie 1952 – huidig
Kroning 2 Junie 1953
Voorganger George VI
Vermoedelike opvolger Charles, die Prins van Wallis
Volle naam Elizabeth Alexandra Mary
Gebore 21 April 1926; Mayfair, Londen
Oorlede
Eggenoot Prins Philip
Kinders Charles
Anne
Andrew
Edward
Vader George VI
Moeder Elizabeth Bowes-Lyon

Elizabeth II (Elizabeth Alexandra Mary; gebore 21 April 1926) is die koningin van 16 onafhanklike state en hul oorsese gebiede. Hoewel sy oor elkeen van hierdie lande apart en gelyk regeer en pligte in en namens al die lande uitvoer, woon sy in die Verenigde Koninkryk en is sy hoofsaaklik betrokke by sake van dié land. Sy het in Februarie 1952 die monarg van sewe lande geword met die dood van haar pa, George VI.

Benewens die Verenigde Koninkryk is Elizabeth ook die monarg van Kanada, Australië, Nieu-Seeland, Jamaika, Barbados, die Bahamas, Grenada, Papoea-Nieu-Guinee, die Solomoneilande, Tuvalu, Sint Lucia, Sint Vincent en die Grenadines, Belize, Antigua en Barbuda en Sint Kitts en Nevis – sy word in elkeen van die lande verteenwoordig deur ’n goewerneur-generaal. Die 16 lande waarvan sy koningin is, staan informeel en nie-amptelik bekend as Statebondsryke; hul gesamentlike bevolking is meer as 129 miljoen en Elizabeth is een van net ’n paar monarge wat oor dele van elke kontinent regeer. In die teorie het sy ontsaglike mag, maar in die praktyk meng sy selde in politieke sake in.

Elizabeth II het ook verskeie ander ampte, onder andere hoof van die Statebond, opper-goewerneur van die Kerk van Engeland, die Hertog van Normandië, Lord van Mann en opperhoof van Fidji. Daar was omvattende veranderings in die lande waaroor sy regeer en in die wêreld in die algemeen in haar lang bewind. Een van die belangrikstes is die ontbinding van die Britse Ryk, (’n proses wat in die laaste jare van haar pa se bewind begin is) en die daaropvolgende ontwikkeling van die Statebond.

Elizabeth is sedert 1947 met prins Philip getroud. Die egpaar het vier kinders en agt kleinkinders.

Konteks[wysig]

Elizabeth het op 6 Februarie 1952 met die dood van haar pa, George VI, koningin geword van die Verenigde Koninkryk, Kanada, Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Pakistan en Ceylon (nou Sri Lanka). Namate ander kolonies van die Britse Ryk tydens haar bewind onafhanklik van die VK geword het, het sy koningin van die nuwe lande geword – sy was in die 56 jaar op die troon die monarg van 32 individuele lande, waarvan die helfte eindelik republieke geword het. Sy is tans die enigste monarg van meer as een onafhanklike staat.

Elizabeth II is die langsregerende Britse monarg ná Victoria (wat 63 jaar regeer het).

Vroeë lewe[wysig]

Prinses Elizabeth in 1929 op driejarige ouderdom.

Elizabeth is in Mayfair, Londen, gebore as die oudste kind van prins Albert, die Hertog van York en Elizabeth, die Hertogin van York.

Sy het net een jonger suster, prinses Margaret, gehad wat in 1930 gebore is. Die twee prinsesse is tuis opgevoed onder toesig van hul ma en hul goewernante, Marion Crawford, wat algemeen bekend was as Crawfie.[1] Crawford het later ’n boek gepubliseer oor die kinderdae van die twee prinsesse, The Little Princesses. In die boek word Elizabeth se liefde vir perde en honde beskryf, asook haar ordelikheid en verantwoordelikheidsin.[2]

Met haar geboorte was Elizabeth die derde aanspraakmaker op die Britse troon – ná haar oom, prins Edward, die Prins van Wallis en haar pa. Daar was geen rede om te glo sy sou ooit die troon bestyg nie aangesien algemeen aanvaar is dat die Prins van Wallis sou trou en kinders hê.[3]

In 1936 is haar oupa George V dood en Edward het hom opgevolg. Later daardie jaar het Edward geabdikeer en het Elizabeth se pa koning geword. Sy het toe die vermoedelike troonopvolger geword.

Huwelik[wysig]

Prins Philip in 2007.

Elizabeth het op 20 November 1947 met prins Philip getrou. Hulle is agterkleinneef-en –niggie deur koningin Victoria en ook deur koning Christian IX van Denemarke. Prins Philip het voor die troue afstand gedoen van sy Griekse en Deense titels en lt. Philip Mountbatten geword (hy het die van van sy ma se familie aangeneem). Hy het net voor die troue die titel Hertog van Edinburg en die aanspreekvorm Sy Koninklike Hoogheid gekry.

Op 14 November 1948 is die egpaar se oudste kind, prins Charles, gebore. ’n Tweede kind, prinses Anne, is in 1950 gebore.

Koningin[wysig]

Kroning van Elizabeth II op 2 Junie 1953 in Westminster-abdy.

George VI se gesondheid het in 1951 agteruitgegaan en Elizabeth het dikwels sy plek vol gestaan op openbare geleenthede. In Oktober daardie jaar het sy na Kanada gereis en ook die president van die VSA, Harry S. Truman, besoek. Vroeg in 1952 het Elizabeth en Philip op ’n besoek na Australië en Nieu-Seeland vertrek via Kenia. By Sagana Lodge, sowat 160 km noord van Nairobi, het prins Philip die nuus aan haar oorgedra dat haar pa op 6 Februarie dood is.[4] Die egpaar het dadelik na Brittanje teruggekeer, waar hulle in Buckingham-paleis ingetrek het. Nes baie van haar voorgangers hou Elizabeth glo nie van die paleis nie en verkies sy Windsor-kasteel as haar tuiste.[5]

Ondanks die dood van haar ouma koningin Mary op 24 Maart 1953 het reëlings vir die nuwe koningin se kroning op 2 Junie 1953 in Westminster-abdy voortgegaan, soos wat koningin Mary wou gehad het. Feitlik die hele seremonie is regdeur die Statebond op televisie vertoon en is deur sowat 20 miljoen mense gesien.[6]

Elizabeth se swangerskappe met prinse Andrew en Edward, in 1959 en 1963, was die enigste kere dat sy nie die parlement geopen het nie.

Jubileums en herdenkings[wysig]

’n Standbeeld van koningin Elizabeth II in Ottawa wat opgerig is om haar silwer jubileun te gedenk.

In 1977 het Elizabeth haar silwerjubileum gevier[7] en in 2002 haar goue jubileum.[8]

Sy en prins Philip het hul 60ste huweliksherdenking vyf jaar later gevier met ’n diens in die Westminster-abdy, ’n ete by prins Charles in Clarence House en ’n dinee met ander lede van die koninklike familie en verskeie ander hooggeplaastes.

Lang lewe en pligte[wysig]

Die koninkryke, gebiede en protektorate van Elizabeth II sedert 1952 ██ Huidige koninkryke ██ Voormalige koninkryke ██ Huidige afhanklike gebiede[9] ██ Voormalige kolonies, afhanklike gebiede en protektorate

Sedert Februarie 2003 regeer die koningin langer as die vier monarge voor haar gesamentlik (Edward VII, George V, Edward VIII en George VI). Sy is tans ook die langsregerende Britse monarg ná Victoria (wat 63 jaar regeer het), George III (59 jaar) en James VI (wat 57 jaar oor Skotland regeer het) en die langslewende Britse monarg.

Om die langslewende Britse staatshoof te word, moet Elizabeth tot op 29 Januarie 2012 lewe, wanneer sy Richard Cromwell sal verbysteek. As sy tot op 19 September 2013 lewe en haar seun prins Charles haar opvolg, sal hy die oudste persoon wees wat ooit die troon bestyg, ouer as William IV wat 64 was. Om koningin Victoria te oortref as die langregerende Britse monarg, moet Elizabeth tot op 10 September 2015 lewe wanneer sy 89 sal wees. Om koning Lodewyk XIV van Frankryk te oortref as die langregerende monarg in die geskiedenis van Europa, moet sy tot op 26 Mei 2024 lewe wanneer sy 98 sal wees.

Met haar 80ste verjaardag het die koningin gesê sy sal nie abdikeer nie.[5] Die afgelope paar jaar staan prins Charles en prinses Anne vir hul ma in op sommige openbare geleenthede en dit het gelei tot spekulasie dat prins Charles sal begin om baie van die dag-tot-dag-pligte van die monarg oor te neem terwyl Elizabeth effektief aftree.[10] Buckingham-paleis het egter aangekondig dat sy nog lank self haar openbare sowel as private pligte sal uitvoer.[11]

Titels en aanspreekvorms[wysig]

Elizabeth het in haar lewe al verskeie titels gehad – as die kleindogter van ’n koning, die dogter van ’n koning, deur haar man se titels en eindelik as die monarg van verskeie lande. In die algemeen word na haar verwys as "Die Koningin", "Haar Majesteit", of as dit nodig is, "Haar Britanniese Majesteit", "Haar Australiese Majesteit", "Haar Kanadese Majesteit", "Haar Nieu-Seelandse Majesteit", ens. In ’n gesprek met die koningin word sy die eerste keer as "U Majesteit" aangespreek en daarna as "Ma'am".

Stamboom[wysig]

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Prins Albert van Sakse-Koburg en Gotha
 
 
 
 
 
 
 
Edward VII van die Verenigde Koninkryk
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Victoria van die Verenigde Koninkryk
 
 
 
 
 
 
 
George V van die Verenigde Koninkryk
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Christiaan IX van Denemarke
 
 
 
 
 
 
 
Prinses Alexandra van Denemarke
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Prinses Louise van Hesse-Kassel
 
 
 
 
 
 
 
George VI
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 Elizabeth II 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 


Kinders[wysig]

Naam Gebore Getroud Kinders Geskei
Prins Charles, die Prins van Wallis 14 November 1948 29 Julie 1981 Lady Diana Spencer Prins William van Wallis
Prins Henry van Wallis
28 Augustus 1996
9 April 2005 Camilla Parker-Bowles
Prinses Anne, kroonprinses 15 Augustus 1950 14 November 1973 Mark Phillips Peter Phillips
Zara Phillips
28 April 1992
12 Desember 1992 Timothy Laurence
Prins Andrew, die Hertog van York 19 Februarie 1960 23 Julie 1986 Sarah Ferguson Prinses Beatrice van York
Prinses Eugenie van York
30 Mei 1996
Prins Edward, die Graaf van Wessex 10 Maart 1964 19 Junie 1999 Sophie Rhys-Jones Lady Louise Windsor
Burggraaf Severn

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]
  1. The Real Crawfie”. Kanaal 4.
  2. Aangehaal in Brandreth, pp.108–110
  3. Bond, p.8
  4. Brandreth, pp.245–247 en Lacey, pp.150–151
  5. 5,0 5,1 English, Rebecca (2006-04-20). “'The Queen will NEVER consider abdicating'”. Daily Mail.
  6. By appointment: Norman Hartnell’s sample for the Coronation dress”. Nga.gov.au. URL besoek op 2008-10-12.
  7. 1977 Queen celebrates Silver Jubilee”. BBC News: On This Day.
  8. In Depth: The Golden Jubilee”. BBC News.
  9. Britse oorsese gebiede, Britse Kroongebiede, Sowereine Militêre basisse, die Australiese Gemenebes en die Koninkryk van Nieu-Seeland
  10. Key aides move to Windsor ahead of Queen's retirement| News | This is London”. Thisislondon.co.uk: London. URL besoek op 2008-10-12.
  11. http://www.royal.gov.uk/output/page3956.asp Royal.gov.uk – Corrections

Verdere leesstof[wysig]

  • Allison, Ronald; The Queen: 50 Years - A Celebration; HarperCollins UK (1 Oktober 2001) (ISBN 0004140788)
  • Barker, Brian; When the Queen Was Crowned; Routledge (1986) (ISBN 0710083971)
  • Bond, Jennie (2006). Elizabeth: Eighty Glorious Years. Londen: Carlton Publishing Group. ISBN 10-1-8442-360-7; 13-978-1-8442-360-9
  • Bousfield, Arthur (2002). Fifty Years the Queen - A Tribute to Elizabeth II on Her Golden Jubilee. Hamilton: Dundurn Press. ISBN 9781550023602. 
  • Bradford, Sarah; Elizabeth: A Biography of Britain's Queen; Riverhead Trade (1 Mei 1997) (ISBN 1573226009)
  • Brandreth, Gyles (2004). Philip and Elizabeth: Portrait of a Marriage. London: Century. ISBN 0-7126-6103-4
  • Erickson, Carolly; Lillibet: An Intimate Portrait of Elizabeth II; St. Martin's Press; 1ste ed. (26 Januarie 2004) (ISBN 0312287348)
  • Field, Leslie; The Jewels of Queen Elizabeth II: Her Personal Collection; Harry N Abrams; Gered. ed. (April 1992) (ISBN 0810924978)
  • Flamin, Ronald; Sovereign: Elizabeth II and the Windsor Dynasty; Delacorte (1991) (ASIN B001ALWFN8)
  • Keay, Douglas; Elizabeth II: Portrait of a Monarch; Arrow; Nuwe ed. (1992) (ISBN 0099101815)
  • Kelley, Kitty; The Royals; New York; Warner Books (1997) (ISBN 0-446-51712-7)
  • Lacey, Robert (2002). Royal: Her Majesty Queen Elizabeth II. Londen: Little, Brown. ISBN 0748104097. 
  • Lacey, Robert; Monarch: The Life and Reign of Elizabeth II; Free Press (6 Mei 2003) (ISBN 0743236696)
  • Lichfield, Patrick (1992). Elizabeth R: A Photographic Celebration of 40 Years. Kanada: Bantam Doubleday Dell. ISBN 038540266X. 
  • Noakes, Michael & Noakes, Vivien; The Daily Life of the Queen: An Artist's Diary; Trafalgar Square (2001) (ISBN 009186982X)
  • Pimlott, Ben; The Queen: Elizabeth II and the Monarchy; Harper Collins; gered. ed. (2007) (ISBN 0-007-11436-2)
  • Todd, Judy; The Country Life Book of Queen Elizabeth II: A Golden Anniversary Tribute; Country Life Books (1985) (ISBN 0600333221)
  • Waller, Maureen; Sovereign Ladies: Sex, Sacrifice, and Power. The Six Reigning Queens of England; New York, St. Martin's Press (2006) (ISBN 0-312-33801-5)
  • Jubilee A Celebration of 50 Years of the Reign of Her Majesty Queen Elizabeth II; Cassell & Co (2002) (ASIN B000BMS0UE)

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Britse monarge wat afstam van die Duitse Huis van Hannover
Huis van Hannover George I · George II · George III · George IV · William IV · Victoria
Huis van Sakse-Koburg en Gotha Edward VII · George V
Huis van Windsor George V · Edward VIII · George VI · Elizabeth II