Fikile Mbalula
Fikile Mbalula | |
17de Sekretaris-generaal van die ANC
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 19 Desember 2022 | |
Vise | Maropene Ramokgopa Nomvula Mokonyane |
---|---|
President | Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Ace Magashule |
Minister van Vervoer
| |
Ampstermyn 30 Mei 2019 – 6 Maart 2023 | |
President | Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Blade Nzimande |
Opgevolg deur | Sindi Chikunga |
Minister van Polisie
| |
Ampstermyn 31 Maart 2017 – 26 Februarie 2018 | |
President | Jacob Zuma |
Voorafgegaan deur | Nkosinathi Nhleko |
Opgevolg deur | Bheki Cele |
Minister van Sport en Ontspanning
| |
Ampstermyn 1 November 2010 – 31 Maart 2017 | |
President | Jacob Zuma |
Voorafgegaan deur | Makhenkesi Stofile |
Opgevolg deur | Thembelani Nxesi |
President van die ANC-jeugliga
| |
Ampstermyn Augustus 2004 – April 2008 | |
President | Thabo Mbeki |
Voorafgegaan deur | Malusi Gigaba |
Opgevolg deur | Julius Malema |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 8 April 1971 Adelaide, Oos-Kaap, Suid-Afrika |
Politieke party | African National Congress |
Eggenoot/-note | Nozuko Mbalula |
Fikile Mbalula (gebore op 4 Augustus 1971 te Adelaide, Oos-Kaap) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en die 17de Sekretaris-generaal van die African National Congress (ANC). Hy was voor hierdie pos die land se Minister van Vervoer.[1] Hy is 'n lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK). Mbalula het vantevore as die Adjunkminister en later as Minister van die Suid-Afrikaanse Polisiediens gedien en is 'n voormalige president en sekretaris-generaal van die ANC-jeugliga.[2]
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Mbalula is in Augustus 2004 tot president van die ANC-jeugliga verkies, nadat hy voorheen die pos van sekretaris-generaal beklee het.[3]
Hy word beskou as die persoon wat president Thabo Mbeki in die posisie help plaas het, en wat uiteindelik verantwoordelik was vir Mbeki se afsetting as leier van die ANC.[4] Sy ondersteuning is ook al beskryf as die sleutel tot Zuma se presidentskap.[5]
Mbalula is in Desember 2007 tot die ANC-NUK verkies by die party se Polokwane-konferensie. Volgens stemme behaal hy die 15de plek.[6] Daarna het hy uitgetree as die president van die ANC-jeugliga. Hy was 36 jaar oud en kon weens sy ouderdom nie meer 'n lid van die jeugliga wees nie.[7]
Hy het die kandidatuur van Julius Malema as sy opvolger as president van die Jeugliga ondersteun, wat beskou is as 'n skuif om die Jeugliga se steun vir Zuma te verseker.[8] Tydens die algemene verkiesing van 2009 was Mbalula die bestuurder van die ANC se verkiesingsveldtog, wat as hoogs suksesvol beskou is.[9]
Mbalula is in Mei 2009 deur Zuma as die adjunkminister van polisie aangestel en was van November 2010 tot Maart 2017 die minister van sport en ontspanning nadat president Zuma sy kabinet geskommel het.[10] Hy is aangestel na steunwerwing van die ANC-jeugliga[11][12] en, volgens mediaspekulasie, moontlik ook as 'n beloning vir sy lojaliteit teenoor Zuma.[13]
Tussen 31 Maart 2017 en 26 Februarie 2018 dien hy as die Suid-Afrikaanse Minister van Polisie in die kabinet van Jacob Zuma. Van Mei 2019 tot 6 Maart 2023 was hy die Minister van Vervoer onder president Ramaphosa, maar het sy kabinetspos ontruim nadat hy in Desember 2022 as die 17de Sekretaris-generaal van die African National Congress verkies is.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 18 Augustus 2019.
- ↑ Who;s Who SA Geargiveer 30 Junie 2012 op Wayback Machine, besoek op 6 Julie 2012
- ↑ ANC Youth League calls on members to put country first[dooie skakel] SABC
- ↑ Zuma's NWC vs Mbeki's cabinet Independent Online
- ↑ Zuma backers urge new direction[dooie skakel] News.com.au
- ↑ Meet Jacob Zuma's A-team IOL
- ↑ ANCYL president to retire at 36 Geargiveer 8 April 2008 op Wayback Machine News24
- ↑ Malema elected as new ANCYL leader Mail & Guardian
- ↑ Slick party machinery wins the day Business Day
- ↑ New Cabinet – full appointments Geargiveer 13 Mei 2009 op Wayback Machine News24
- ↑ ANCYL wants its cadres in top posts[dooie skakel] Sowetan
- ↑ Speculation about Zuma's cabinet Geargiveer 13 Mei 2009 op Wayback Machine News24
- ↑ Zuma's Cabinet: Who's in? Geargiveer 10 Mei 2009 op Wayback Machine News24
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Fikile Mbalula op People's Assembly
Politieke poste | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur Ace Magashule |
Sekretaris-generaal van die ANC 19 Desember 2022– |
Opgevolg deur dienend |
Voorafgegaan deur Blade Nzimande |
Minister van Vervoer Mei 2019–Maart 2023 |
Opgevolg deur Sindi Chikunga |
Voorafgegaan deur Nkosinathi Nhleko |
Minister van Polisie Maart 2017–Feb 2018 |
Opgevolg deur Bheki Cele |
Voorafgegaan deur Makhenkesi Stofile |
Minister van Sport en Ontspanning Nov 2010–Maart 2017 |
Opgevolg deur Thembelani Nxesi |
Voorafgegaan deur Malusi Gigaba |
President van die ANC-jeugliga 2004–2008 |
Opgevolg deur Julius Malema |