Fikile Mbalula

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Fikile Mbalula

Minister van Polisie
Ampsbekleër
Ampsaanvaarding
31 Maart 2017
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Nkosinathi Nhleko

Minister van Sport en Ontspanning
Ampstermyn
1 November 2010 – 30 Maart 2017
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Makhenkesi Stofile
Opgevolg deur Thembelani Nxesi

Persoonlike besonderhede
Geboorte 8 April 1971 (1971-04-08) (46 jaar oud)
Adelaide, Oos-Kaap, Suid-Afrika
Politieke party African National Congress

Fikile Mbalula (gebore op 4 Augustus 1971) is sedert 31 Maart 2017 die Suid-Afrikaanse Minister van Polisie en het vanaf 2010 tot 2017 as Minister van Sport en Ontspanning gedien. Hy is 'n lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK). Mbalula het vantevore as die Adjunkminister van die Suid-Afrikaanse Polisiediens gedien en is 'n voormalige president en sekretaris-generaal van die ANC-jeugliga.[1]

Loopbaan[wysig | wysig bron]

Mbalula is in Mei 2009 as die adjunkminister van polisie in die kabinet van Jacob Zuma aangestel en was die minister van sport en ontspanning nadat pres. Zuma sy kabinet geskommel het.[2] Hy is aangestel na steunwerwing van die ANC-jeugliga[3][4] en, volgens mediaspekulasie, moontlik ook as 'n beloning vir sy lojaliteit teenoor Zuma.[5]

Tydens die algemene verkiesing van 2009 was hy die bestuurder van die ANC se verkiesingsveldtog, wat as hoogs suksesvol beskou is.[6]

Mbalula is in Desember 2007 tot die ANC-NUK verkies by die party se Polokwane-konferensie. Volgens stemme behaal hy die 15de plek.[7] Daarna het hy uitgetree as die president van die ANC-jeugliga. Hy was 36 jaar oud en kon weens sy ouderdom nie meer 'n lid van die jeugliga wees nie.[8]

Mbalula is in Augustus 2004 tot president van die ANC-jeugliga verkies, nadat hy voorheen die pos van sekretaris-generaal beklee het.[9]

Hy word beskou as die persoon wat president Thabo Mbeki in die posisie help plaas het, en wat uiteindelik verantwoordelik was vir Mbeki se afsetting as leier van die ANC.[10] Sy ondersteuning is ook al beskryf as die sleutel tot Zuma se presidentskap.[11]

Hy het die kandidatuur van Julius Malema as sy opvolger as president van die Jeugliga ondersteun, wat beskou is as 'n skuif om die Jeugliga se steun vir Zuma te verseker.[12]

Verwysings[wysig | wysig bron]