Thulas Nxesi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Thulas Nxesi

Minister van openbare werke
Ampsbekleër
Termynaanvang
26 Februarie 2018
President Cyril Ramaphosa
Voorafgegaan deur Nkosinathi Nhleko
Ampstermyn
24 Oktober 2011 – 31 Maart 2017
Voorafgegaan deur Gwen Mahlangu-Nkabinde
Opgevolg deur Nkosinathi Nhleko

Minister van sport en ontspanning
Ampstermyn
30 Maart 2017 – 26 Februarie 2018
President Jacob Zuma
Cyril Ramaphosa
Voorafgegaan deur Fikile Mbalula
Opgevolg deur Tokozile Xasa

Adkunkminsiter van plattelandse ontwikkeling en grondhervorming
Ampstermyn
31 Oktober 2010 – 24 Oktober 2011
President Jacob Zuma

Lid van die Nasionale Vergadering
Ampsbekleër
Termynaanvang
6 Mei 2009

Persoonlike besonderhede
Gebore 1 Januarie 1959 (1959-01-01) (60 jaar oud)
Matatiele, Oos-Kaap, Suid-Afrika
Politieke party African National Congress
Alma mater Universiteit van Fort Hare
Universiteit van die Witwatersrand
Universiteit van Suid-Afrika
Diens/Tak Bela Bela

Thembelani Waltermade Nxesi (gebore 1 Januarie 1959; ook bekend as Thulas Nxesi) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en sedert 26 Februarie 2018 die Suid-Afrikaanse minister van openbare werke. Hy was van 30 Maart 2017 tot 26 Februarie 2018 minister van sport en ontspanning en van 31 Oktober 2010 tot 24 Oktober 2011 adkunkminsiter van plattelandse ontwikkeling en grondhervorming. Hy is sedert 6 Mei 2009 lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die African National Congress.

Vroeë lewe en uitbeelding[wysig | wysig bron]

Thulas Nxesi is gereeld uit skool geskors vanweë sy betrokkenheid by politieke aktwiteite.

Hy verwerf in 1983 'n B.A.-graad van die Universiteit van Fort Hare. Hy ontvang ook 'n B.Ed.-graad van die Universiteit van die Witwatersrand en 'n Hoër Diploma in Onderwys van die Universiteit van Suid-Afrika.

Loopbaan[wysig | wysig bron]

Thulas Nxesi se politieke loopbaan begin as studente-aktivis en leier in die studentebeweging van die United Democratic Front, die South African National Student Congress (SANSCO), en sy voorganger, die Azanian Students Organisation (AZASO).

Hy gee van 1985 tot 1990 onderwys aan die Ikusasa Senior Sekondêre Skool in Tembisa, Gauteng, waar hy aan die hoof staan van die departement van sosiale studies. Vanaf 1990 tot 1994 dien hy as Assistent-sekretaris-generaal en vanaf 1994 tot 2010 as Sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Onderwysunie.

Bronne[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]