Zoeloe Wikipedia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Zoeloe Wikipedia
Wikipedia-logo-v2.svg
Tipe webblad Wiki
Taal(e) Zoeloe
Registrasie Opsioneel
Eienaar Wikimedia Stigting
Outeur Die gemeenskap
Huidige status Aktief
URL http://zu.wikipedia.org/

Die Zoeloe Wikipedia is die Zoeloe-weergawe van Wikipedia, 'n gratis, ope-inhoud aanlynensiklopedie. Volgens die aantal artikels is dit die 153ste grootste Wikipedia-projek.[1]

Aangesien Zoeloe onderling verstaanbaar is deur Xhosasprekers (albei is Nguni-tale) is dit moontlik om artikels uit die Zoeloe-uitgawe maklik in Xhosa te vertaal vir die Xhosa Wikipedia. Soortgelyke transwikipogings is aangewend vir die Skandinawiese taaluitgawes, soos die Sweedse, Noorse en Deense Wikipedias.

Daar is in Januarie 2012 voorgestel dat die Zoeloe Wikipedia gesluit word weens 'n gebrek aan aktiwiteit, 'n voorstel wat verwerp is in Maart 2012.

Die Wikipedia het tans 23 628 bladsye, waarvan 10 460 artikels is. Dit het 16 008 geregistreerde gebruikers, waarvan 35 as aktief gereken word. Hierdie gebruikers het in totaal 94 217 wysigings aangebring en 0 lêers opgelaai.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]