Mercedes-Benz OM352-enjin
OM 352 wegsnymodel by die Unimog Museum Gaggenau. | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Daimler-Benz |
Produksietyd | 1963-1995 |
Konfigurasie | inlynsessilinder |
Afmetings | |
Inhoudsmaat | 5,675 l (346 cu in) |
Boorwydte | 97 mm (3,82 in) |
Slaglengte | 128 mm (5,04 in) |
Blok | Gietyster |
Kopstuk | Gegote aluminiumallooi |
Stelsels | |
Brandstoftipe | Diesel (DIN 51601) |
Turboaanjaer | OM 352: geen OM 352 A: Turboaanjaer OM 352 LA: Turbo met tussenkoeler |
Brandstofstelsel | Heliksbeheerde meganiese pomp (direkte inspuiting) |
Verkoelingstelsel | Waterverkoel |
Enjinlewering | |
Kraglewering | 48–127 kW (64–170 hp) |
Die Mercedes-Benz OM 352 is 'n 5,7 liter inlynsessilinder vierslag-dieselenjin, vervaardig deur Daimler-Benz.
Ontwikkeling
[wysig | wysig bron]Dit is een van die vele motors in die 300-reeks enjins wat tydens en na die Tweede Wêreldoorlog ontwikkel is, die OM352 is in 1964 bekendgestel. Die OM352 se afstamming kan teruggevoer word na die OM312,[1] self 'n 59 kW inlynsesenjin.[2] Die OM352 het baie toepassings, insluitend mariene, militêre, munisipale en landbouvoertuie, asook stilstaande instellings. Die enjin het verskillende afwerkings- en drywingvlakke, wat aanduidings gee soos OM 352A, 'n variant met 'n turboaanjaer, of die OM352 LA, wat toegerus is met 'n tussenverkoeler en 'n turboaanjaer.
Gelisensieerde produksie
[wysig | wysig bron]Die OM352 was ook een van die vele Mercedes-enjins wat in 1979 gelisensieer is vir vervaardiging deur Atlantis Diesel Engines (ADE) in Suid-Afrika. Dit is die ADE 352 genoem en is feitlik identies aan die Mercedes-enjins. Onlangs is die OM352 deur TATA gelisensieer vir gebruik in hul 713S-vragmotors. Dit word deur TATA vervaardig, maar het egter geringe verskille, soos dat die gewigte nie meer vasgebout word nie, maar eerder 'n deel van die krukas vorm en geen gate vir oliebespuiters in die blok is nie. Hierdie aanpassings sal waarskynlik die kompleksiteit en koste van enjinproduksie verminder.
Gewone uitsetkrag kan wissel van 92–141 kW (123–189 hp) afhangende van die opsies vir brandstofaflewering en lugtoediening. Hoër opbrengste kan bereik word deur middel van spesiale aanpassings, maar die lang lewensduur van die enjin kan beïnvloed word deur sulke nie-fabriekswysigings.
Verbeterde enjins wat na die OM352 ontwikkel is, sluit die OM366 in, wat baie dieselfde lyk. As gevolg van strenger uitlaatvereistes, is die enjins van die 300-reeks uiteindelik gestaak. Mercedes Benz 900-enjins is die opvolgers van enjins soos die OM352. [3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "The birth of a legend: the 300 engine series, first unveiled in 1949, is a major advancement". marsMediaSite (in Engels). Besoek op 12 Augustus 2019.
- ↑ http://www.omnibusarchiv.de/include.php?path=article&contentid=493&page=7%29
- ↑ http://www.omnibusarchiv.de/include.php?path=article&contentid=493&page=9
Mercedes-Benz-enjins |
---|
Petrolenjins:
M100 |
M102 |
M103 |
M104 |
M110 |
M111 |
M112 |
M113 |
M114 |
M115 |
M116 |
M117 |
M119 |
M120 |
M121 |
M133 |
M136 |
M137 |
M139 | Dieselenjins:
OM 138 |
OM352 |
OM601 |
OM602 |
OM603 |
OM604 |
OM605 |
OM606 |
OM608 |
OM611 |
OM612 |
OM613 |
OM615 |
OM616 |
OM617 | |
Wysig hierdie sjabloon |