Mercedes-Benz M133 enjin
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Mercedes-Benz |
Produksietyd | 2013–tans |
Konfigurasie | inlynviersilinder |
Afmetings | |
Inhoudsmaat | 2,0 L (1 991 cc) |
Boorwydte | 83 mm (3,27 in) |
Slaglengte | 92 mm (3,62 in) |
Drukverhouding | 8.6:1 |
Massa | 147,8 kg (326 lb) |
Blok | Aluminiumallooi |
Kopstuk | Aluminiumallooi |
Stelsels | |
Klepwerking | DOHC |
Brandstoftipe | Petrol |
Turboaanjaer | Dubbelveeg-turboaanjaer |
Brandstofstelsel | Direkte inspuiting |
Verkoelingstelsel | Waterverkoel |
Enjinlewering | |
Kraglewering | 265–280 kW (355–375 hp) |
Wringkrag | 450-475 Nm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Mercedes-Benz OM642 |
Opvolger | Mercedes-Benz M139 |
Die M133 is 'n turboaangejaagde viersilinderenjin wat deur Mercedes-Benz vervaardig word. Sedert sy debuut in 2013, is dit drie keer bekroon as die "Internasionale Enjin van die Jaar" in die kategorieë "Beste nuwe enjin" en "1,8 liter tot 2 liter".
Ontwerp
[wysig | wysig bron]Die M133 se ontwerp is gebaseer op die M270-enjin, maar is deeglik hersien deur AMG. Dit bevat 'n dubbelveeg-turboaanjaer, BlueDIRECT- direkte inspuiting, yster-koolstoflegering op die silinderwande om wrywing te verminder, en sirkoon in die silinderkoppe om die termiese geleiding te verhoog.[1] Die verkoelingstelsel is ook gebaseer op die een wat in die Mercedes-Benz SLS AMG gevind word.[2] Die M133 is in 2015 opgedateer en bied prestasieverbeterings van 15 kW en 25 Nm.
Modelle
[wysig | wysig bron]Enjin | Krag | Wringkrag | Jare |
---|---|---|---|
M133 DE20 LA | 265 kW teen 6000 opm | 450 Nm teen 2250–5000 opm | 2013–2015 |
280 kW teen 6000 opm | 475 Nm teen 2250–5000 opm | 2015–2018 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "The New 2.0-l High-Performance Four-Cylinder Engine from Mercedes-AMG - PDF Free Download". slideheaven.com (in Engels). Besoek op 3 Julie 2018.
- ↑ "Mercedes A 45 AMG: The most powerful 4-cylinder turbo engine in the world". www.car-engineer.com (in Engels (VSA)). Besoek op 3 Julie 2018.
Mercedes-Benz-enjins |
---|
Petrolenjins:
M100 |
M102 |
M103 |
M104 |
M110 |
M111 |
M112 |
M113 |
M114 |
M115 |
M116 |
M117 |
M119 |
M120 |
M121 |
M133 |
M136 |
M137 |
M139 | Dieselenjins:
OM 138 |
OM352 |
OM601 |
OM602 |
OM603 |
OM604 |
OM605 |
OM606 |
OM608 |
OM611 |
OM612 |
OM613 |
OM615 |
OM616 |
OM617 | |
Wysig hierdie sjabloon |