Russiese nasionale rugbyspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Rusland
Flag of Russia.svg
Unie Союз регбистов России
Russiese Rugbyunie
Bynaam(e) Bere (Медведи)
Embleem Russiese beer
Afrigter(s) Vlag van Wallis Lyn Jones
Kaptein(s) Wasili Artemjef
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Joeri Koesjnaref (106)
Meeste punte Joeri Koesjnaref (758)
Meeste drieë Wasili Artemjef (30)
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Rusland Rusland 27–23 Britse Barbarians
(6 Junie 1992)
Grootste oorwinning
Vlag van Denemarke Denemarke 7–104 Rusland Vlag van Rusland
(13 Mei 2000)
Grootste nederlaag
Vlag van Japan Japan 75–3 Rusland Vlag van Rusland
(6 November 2010)
Wêreldbeker
Verskynings 2 (Eerste in 2011)
Beste uitslag Laaste in poel 2011 en 2019
Unie webwerf
www.rugby.ru

Die Russiese nasionale rugbyspan (ook bekend as die bere) verteenwoordig Rusland in rugby. Rusland het vroeër internasionaal in rugby meegeding as die Sowjetunie, maar speel sedert 1992 as Rusland. Die destydse Sowjetunie is deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad genooi om aan die eerste Rugbywêreldbekertoernooi in 1987 deel te neem, maar hulle het weens Suid-Afrika se lidmaatskap by die IRVR dié aanbod verwerp.[1] Rusland het tot dusver vir twee Rugbywêreldbekertoernooie kwalifiseer, in 2011, maar kon nie een van hul vier mededingers (Australië, Ierland, Italië en die Verenigde State) klop nie en het net die laaste plek in die poelfase bereik. Tydens die Rugbywêreldbeker 2019 het hulle ook op die laaste plek van hul poel geëindig, nadat Rusland deur die gasheer Japan, Samoa, Ierland en Skotland geklop is.

Rusland speel teen Georgië tydens die Europese Nasiesbeker in 2007
Die openingswedstryd van die Rugbywêreldbeker 2019 teen die gasheer Japan in Chōfu
Wladislaf Korsjoenof in aksie

Rusland ding gereeld mee om die Europese Nasiesbeker, en meer onlangs ook die Wêreldrugby-nasiesbeker. Die span se onlangse verbetering het getoon toe hulle vir die eerste keer in hul geskiedenis tweede geëindig het in die 2006–2008 Europese Nasiesbeker se Eerste Divisie. Hulle is tans 20ste op die Wêreldrugby se wêreldranglys. Veral wedstryde teen die politieke aartsvyand Georgië geniet groot aandag en word as 'n soort "Dawid teen Goliat" beskou, veral as gevolg van Georgië se sterk wenrekord teen die noordelike buurland.

Wêreldbekerrekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
1987 Afgekeurde uitnodiging
1991 Geen deelname
1995 Nie gekwalifiseer nie
1999 Nie gekwalifiseer nie
2003 Nie gekwalifiseer nie
2007 Nie gekwalifiseer nie
2011 Poelfase
2015 Nie gekwalifiseer nie
2019 Poelfase
2023 N.v.t.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Alexander Fedorets (31 Julie 2007). "Russians target 2011 World Cup". The M&G Online. Besoek op 2 November 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]