Indië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf India)
Spring na: navigasie, soek
भारत गणराज्य
Bhārat Gaṇarājya
Republic of India
Republiek van Indië
Vlag van Indië Embleem van Indië
Vlag Embleem
Nasionale leuse: Satyameva Jayate
Sanskrit: सत्यमेव जयते
(Afrikaans vir: "Die waarheid alleen triomfeer")
Volkslied: Jana Gana Mana
Ligging van Indië
Hoofstad Nieu-Delhi

28°36′08″N 77°12′05″O

Grootste stad Moembaai
Amptelike tale Hindi en Engels1
Regering Federale presidensiële
grondwetlike republiek
Pratibha Patil
Manmohan Singh
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• Dominion
• Republiek

van die Verenigde Koninkryk
15 Augustus 1947
26 Januarie 1950
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
3 287 263 km2  (7de)
1 269 219 myl2
9,56
Bevolking
 - 2011-skatting
 - 2010-sensus
 - Digtheid
 
1 210 193 422 (2de)
1 028 610 328
371,3 / km2 (31ste)
961,6 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2011-skatting

4,457 miljard[1] (3de)
3 693[1] (129ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2011-skatting

$1,848 miljard[2] (10de)
$1 388[1] (140ste)

MOI (2011) Green Arrow Up Darker.svg 0,547 (134ste)  –  medium
Gini (2004) 36,8(79ste)
Geldeenheid Indiese roepee (₹) (INR)
Tydsone
 - Somertyd
IST (UTC+5:30)
nie toegepas nie (UTC+5:30)
Internet-TLD .in
Skakelkode +91
1. Nog 21 ander tale word as streekstale erken.

Indië, amptelik die Republiek van Indië (Hindi: भारत गणराज्य, Bharat Gaṇarājya, Engels: Republic of India), is 'n land in Suid-Asië. Met 1 210 193 422 (2011) inwoners is dit die tweede mees bevolkte land ter wêreld, ná die Volksrepubliek van Sjina.

Indië is op die Indiese Subkontinent geleë en is vir die grootste deel 'n skiereiland, wat in die weste aan die Arabiese See, in die suide aan die Indiese Oseaan en in die ooste aan die Golf van Bengale grens. In die noorde grens die land (van wes na oos) aan Pakistan, die Volksrepubliek van Sjina (Tibet), Nepal, Bhoetan, Mianmar en Bangladesj. Ten suidooste van Indië in die Indiese Oseaan is die eilandstaat Sri Lanka en ten suidweste is die Maledive geleë.

Die hoofstad van Indië is Nieu-Delhi en die grootste stad van die land is Moembaai. Indië is 'n federale republiek verdeel in 28 state, 6 uniegebiede en 1 nasionale hoofstadgebied. Indië is 'n multi-etniese land en die grootste demokrasie ter wêreld.

Naam[wysig]

Die Vedanta het geen naam gegee vir Indië. Die naam Indië is afgelei van Sindhu, die plaaslike naam vir die rivier Indus (van die Sanskrit stam ind: druppel). Die ou Ariërs het die land āryāvarta (आर्यावर्त) genoem, wat ook Sentraal-Asië ingesluit het. Die Sanskrit-woord Arya beteken 'respek almal' en in later tye 'iemand van die eerste drie kaste' (in tegenoverstelling tot 'śūdra'). Omgekeerd beteken anārya 'iemand van die oorspronklike donkerkleurige bevolking' wat ook DASA of dasyu genoem. (Die Rig Veda doen daar enigsins denigrerend oor maar dit oorspronklik volk is vanuit die ou Sumerië met meluhha of mleccha aangedui, wat verwys na die Indusbeschaving.) Die woord Varta beteken in Sanskrit 'verplaatsingsgebied', 'land', 'verblyf', 'kostwinning' of 'bestaansmiddel'. Die afkorting Varta werd verbasterde tot Barta en later tot 'Bharat'.

Die Perse ('n deel van) het die land Hindoestan, die land van die Indus, genoem. Dit was deur die Grieke gemaak tot Indië (ινδιη). Die verskillende politieke partye het wel ander voorkeursnamen vir die land soos Hindoestan, Hindu Rashtra en Bharat. Die naam Bharat sou afstam van twee ou konings wat Bharata genoem word. Die naam Hindoestan word amptelik opgegee na die onafhanklikheid op 15 Augustus 1947. Die naam word nog wel gebruik in die daaglikse spraakgebruik. 'n Gewilde patriotiese lied, geskryf deur 'n Indiëse Moslem, Moehammed Iqbal, begin met die sin: "Sare jahaan se acchaa, Hindustan hamaaraa" (Onse Hindoestan Beter as die res van die wêreld is).

Die term Indië het veral gebruiklik geword in navolging van die Engelse benaming. Die term Indië is 'n lang tyd gebruiklik in België, maar word na Nederlands voorbeeld nou ook geleidelik vervang deur Indië. Indië het in die noorde sinoniem geword vir Nederlands-Indië, wat in werklikheid op Indonesië dui.

Demografie[wysig]

Amptelike tale van Indië[wysig]

Hoofartikel: Lys van nasionale tale van Indië.

Amptelike tale (Sentraal administratief)[wysig]

  1. Hindi
  2. Engels (samewerkende amptelike taal)

Erkende nasionale tale van Indië (Geskeduleerde lys vir amptelike gebruik)[wysig]

  1. Assamees (amptelike taal van Assam)
  2. Bengaals (amptelike taal van Tripura en Wes-Bengale)
  3. Bodo (amptelike taal van Assam)
  4. Engels (amptelike taal van Nagaland)
  5. Dogri (amptelike taal van Jammu en Kasjmir)
  6. Gujarati (amptelike taal van Dadra en Nagar Haveli, Daman en Diu en Gujarat)
  7. Hindi (amptelike taal van Arunachal Pradesj, Andaman en die Nicobar Eilande, Bihar, Chandigarh, Chhattisgarh, Delhi, Haryana, Himachal Pradesj, Jharkhand, Madhya Pradesj, Rajasthan, Oetarpradesj en Uttaranchal)
  8. Kannada (amptelike taal van Karnataka)
  9. Kasjmiri (amptelike taal van Jammoe en Kasjmir)
  10. Konkani (amptelike taal van Goa)
  11. Maithili (amptelike taal van Bihar)
  12. Malayalam (amptelike taal van Kerala en Lakshadweep)
  13. Manipuri (Meithei) (amptelike taal van Manipur)
  14. Marathi (amptelike taal van Maharashtra)
  15. Nepalees (amptelike taal van Sikkim)
  16. Oriya (amptelike taal van Orissa)
  17. Punjabi (amptelike taal van Pundjab, tweede amptelike taal van Delhi)
  18. Sanskrit
  19. Santali
  20. Sindhi
  21. Tamil (amptelike taal van Tamil Nadoe en Pondicherry)
  22. Telugu (amptelike taal van Andhra Pradesj)
  23. Oerdoe (amptelike taal van Jammoe en Kashmir, en ook sommige distrikte in Andhra Pradesj, Delhi en Oetarpradesj)

Religie[wysig]

Religie
groep
Bevolking
% 1961
Bevolking
% 1971
Bevolking
% 1981
Bevolking
% 1991
Bevolking
% 2001
Hindoe 83,45% 82,73% 82,30% 81,53% 80,46%
Moslem 10,69% 11,21% 11,75% 12,61% 13,43%
Christen 2,44% 2,60% 2,44% 2,32% 2,34%
Sikh 1,79% 1,89% 1,92% 1,94% 1,87%
Boeddhiste 0,74% 0,70% 0,70% 0,77% 0,77%
Animiste, anders 0,43% 0,41% 0,42% 0,44% 0,72%
Djain 0,46% 0,48% 0,47% 0,40% 0,41%

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Indië (kategorie)
  1. 1,0 1,1 1,2 (en) India”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 8 Desember 2012.
  2. (en) GDP (current US$) Data in 2011”. Wêreldbank. URL besoek op 8 Desember 2012.


 
Lande van Asië

Afghanistan | Armenië2 | Azerbeidjan1 | Bahrein | Bangladesj | Bhoetan | Broenei | Egipte | Filippyne | Georgië1 | Indië | Indonesië | Irak | Iran | Israel | Japan | Jemen | Jordanië | Kambodja | Kasakstan1 | Katar | Kirgisië | Koeweit | Laos | Libanon | Maledive | Maleisië | Mianmar | Mongolië | Nepal | Noord-Korea | Oesbekistan | Oman | Oos-Timor | Pakistan | Palestina | Rusland1 | Saoedi-Arabië | Singapoer | Siprus2 | Sirië | Volksrepubliek van Sjina (Sjina) | Sri Lanka | Suid-Korea | Tadjikistan | Thailand | Turkmenistan | Turkye1 | Verenigde Arabiese Emirate | Viëtnam

Omstrede gebiede: Abchasië - Nagorno-Karabach - Republiek van Sjina (Taiwan) - Suid-Ossetië - Turkse Republiek van Noord-Siprus

Afhanklike gebiede: Australië: Kerseiland - Kokoseilande | Verenigde Koninkryk: Akrotiri en Dhekelië2 - Britse Indiese Oseaangebied | Volksrepubliek van Sjina: Hongkong - Macau

1. Land deels in Europa. 2. Geografies in Asië, maar gereeld beskou as deel van Europa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.

Lande van: Afrika Europa Noord-Amerika Oseanië Suid-Amerika