Klas 15B-stoomlokomotief

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die Suid-Afrikaanse Klas 15B 4-8-2 van 1918 is 'n Suid-Afrikaanse stoomlokomotief van die Suid-Afrikaanse Spoorweë-era.

Tussen 1918 en 1922 het die Suid-Afrikaanse Spoorweë dertig Klas 15B-stoomlokomotiewe met 'n 4-8-2 Mountain-tipe wieluitleg in diens geplaas.[1]

Vervaardiger[wysig | wysig bron]

As gevolg van die ontwrigting van die oorlog in Europa, is die eerste groep van tien Klas 15B 4-8-2 stoomlokomotiewe vir die Suid-Afrikaanse Spoorweë (SAS) bestel by die Montreal Locomotive Works (MLW) in Kanada. Hulle is gebou en afgelewer in 1918, genommer in die reeks van 1829 tot 1838 en 'n tweede groep van twintig lokomotiewe is van dieselfde bouers bestel en afgelewer in 1922, genommer in die reeks van 1971 tot 1990. Hulle was volgens die algemene spesifikasies gebou van die Klas 15, maar met staaframe en 'n paar tipiese Noord-Amerikaanse kenmerke. Hulle was toegerus met Belpaire-vuurkaste met verbrandingskamers. [1]

Klas 15BR[wysig | wysig bron]

Lokomotiewe wat nuwe stoomketels moes kry is as Klas 15BR geklassifiseer. Hierdie lokomotiewe het aanvanklik in die oostelike Vrystaat, maar later in die Kaapse Middellande diens gedoen; hulle was by Noupoort gebaseer en het diens gedoen tot by De Aar en Cradock. Toe die verbeterde Klas 15F sy verskyning maak, is die lokomotiewe op die Klawer-trajek gebruik totdat hulle uit diens gestel is in 1976.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 Paxton, Leith & Bourne, David. Locomotives of the South African Railways. Struik. Kaapstad. pp. 10-11, 60-61. ISBN 0 86977 211 2