Klas GEA Garratt-stoomlokomotief
No. 4023 "Peacock" by die TFR-museum, George, 15 April 2013 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Vervaardiger | Beyer, Peacock and Company |
Serienommer | 7168-7217 [1][2] |
Model | Klas GEA |
Klas | Klas GEA |
Vervaardig | 1945-1947 |
Aantal gebou | 50 |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 4-8-2+2-8-4 "Double Mountain" Garratt |
Spoorbreedte | Kaapspoor (1 067 mm) |
Voorwielomtrek | 724 mm (28½ dm) |
Dryfwielomtrek | 1 220 mm (48 dm) |
Wielbasis | Totaal: 24.638 m (80 vt 10 dm) Enjin: 4.077 m (13 vt 4½ dm) gekoppel |
Lengte | 26.949 m |
Raamwerk | Staafraam, 11.506 m tussen draaispille |
Asbelasting | 15.2 t op 2de, 3de, 6de & 7de drywers |
Massa op dryfwiele | 118 t |
Lokomotiefmassa | 190 t |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 10.2 t |
Waterkapasiteit | 17 000 ℓ (3 800 gal) voor 8 200 ℓ (1 800 gal) agter |
Stoomketel | 2.057 m binnediameter |
Stoomketeldruk | 1 380 kPa |
Vuurroosteroppervlak | 4.766 m2 |
282 buise van 50.8 mm 36 buise van 140 mm | |
2.508 m2 | |
– Vuurkas | 17.187 m2 |
235.974 m2 | |
Oorverhitteroppervlak | 43.664 m2 |
Silinders | Vier |
Silindergrootte | 470 mm (18½ dm) boor 660 mm (26 dm) slag |
Klepwerk | Walschaerts |
Werkverrigting | |
Trekkrag | 247 kN teen 75% keteldruk |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Aantal in klas | 50 |
Vlootnommer(s) | 4001-4050 |
Afleweringsdatum | 1946-1947 |
Eerste tog | 1946 |
Onttrekkingsdatum | 1976 |
Die Klas GEA Garratt-stoomlokomotief is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is op 60-pond goederelyne met 'n uitleg van 4-8-2+2-8-4. Die enigste ooreenkomse wat dié klas met Klas GE Garratts het, is dat beide op 60-pond spoorlyne werk en die stoomketel se dimensies feitlik dieselfde is. Hierdie klas is ontwerp deur Dr. M.M. Loubser en daar is 50 lokomotiewe gebou deur Beyer, Peacock and Company tussen 1945 en 1947. Hierdie klas is die eerste wat met die stroombelynde Beyer, Peacock and Company-tenks toegerus is. Al die lokomotiewe is toegerus met Walschaerts-klepratwerk. Hulle is ook die enigste na-oorlogse Garratt lokomotiewe wat nie van meganiese stokers voorsien was nie. Hulle is hoofsaaklik op die noordkus van KwaZulu-Natal, die Pietermaritzburg-Franklinlyn en die Outeniekwa Spoorwegpas gebruik. 'n Paar is vir 'n kort tydperk op die Kaapstad-Caledonlyn gebruik. Hulle is in 1976 uit diens gestel.
-
No. 4027, ongeveer 1950, waarskynlik op Voorbaai, naby Mosselbaai in die Kaap
-
No. 4013 trek 'n passasierstrein te Outeniekwa Spoorwegpas (soms deur spoorwegpersoneel die Montagupas noem), 15 Augustus 1973
-
No. 4023 tap water op Camfer, Montagupas, Wes-Kaap, 2002
-
Agterkant van no. 4023 "Peacock", George, 15 April 2013
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Klas GEA Garratt-stoomlokomotief.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 2: 1910-1955 (1st ed.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. pp. 103–105. ISBN 978-0-7153-5427-8.
- ↑ Hamilton, Gavin N., The Garratt Locomotive - Garratt Locomotives produced by Beyer, Peacock and Company. URL besoek op 10 November 2012