Pous Eutichianus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pous Eutichianus
Eutychian.jpg
Geboortenaam Eutichianus
Pontifikaat begin 4 Januarie 275
Pontifikaat eindig 7 Desember 283
Voorganger Felix I
Opvolger Gajus
Gebore
Sterf 7 Desember 283
Rome, Italië

Eutichianus was die 27ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie[wysig]

Pous Eutichianus is waarskynlik gebore in 220. Op 4 Januarie 275 volg hy Pous Felix I op en regeer tot sy dood op 7 Desember 283 volgens die Annuario Pontifico (2003). Hy word opgevolg deur Pous Gajus. Die naam ‘Eutichianus’ beteken ‘die gelukkiggemaakte’.

Pontifikaat[wysig]

Daar is geen besonderhede bekend oor Eutichianus se pontifikaat nie. Sy pontifikaat het saamgeval met regering van die keisers Aurelius, Tacitus, Probus en Carus. Die Liber Pontificalis dui aan dat hy die ritus van die seëning van die oes (veral bome en vrugte) ingestel het, maar in werklikheid het dit eers by die konsilie van Orléans in 515 geskied. Die stelling dat hy die reëls vir die begrafenis van martelare opgestel het en eiehandig baie van hulle begrawe het, is ook verdag omdat na die dood van keiser Aurelius in 275 daar nie baie vervolgings was nie. Eutichianus was waarskynlik nie ‘n martelaar nie. Die Roomse almanak uit die vierde eeu noem hom in die “Deposito Episcoporum” maar nie in die lys van martelare nie. Hy is begrawe in die Callixtus katakombe. ‘n Fragment van sy grafskrif in Grieks “EUTYCHIANOS EPIS(KOPOS)” het bewaar gebly.

Verering[wysig]

Sy feesdag is 8 Desember in die Rooms-Katolieke Kerk.

Eksterne skakels[wysig]

  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)


Verwysings[wysig]

Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs. (Engelse vertaling van die Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7

Nota[wysig]

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.

Opvolging[wysig]

Voorafgegaan deur:
Felix I
Biskop van Rome
275283
Opgevolg deur:
Gajus


Teenpouse

HippolitusNovatianusFelix IIUrsinusEulaliusLaurentiusDioscurusEugenius I - Theodorus IIPaschalis ITheofilactus - Constantinus IIFilippusJohannes VIIIAnastasius IIIChristoforusBonifatius VII - Johannes XVIGregorius VISilvester IIIBenedictus XHonorius IIClemens IIITheodoricusAlbertusSilvester IVGregorius VIIICelestinus IIAnacletus IIVictor IV (Gregorius) - Victor IV (Octavianus)Paschalis IIICallixtus IIIInnocentius IIINicolaas VClemens VIIBenedictus XIIIAlexander VJohannes XXIIIClemens VIIIBenedictus XIVFelix V - Moderne Teenpouse