Pous Anicetus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pous Anicetus
Papa Aniceto cropped.jpg
Geboortenaam Anicetus
Pontifikaat begin 150 of 157
Pontifikaat eindig 153 of 168
Voorganger Pius I
Opvolger Soter
Gebore 16, 17 of 20 April tussen 92 en 100
Emesa, Sirië
Sterf 153 of 168
Rome, Italië

Anicetus was die elfde pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie[wysig]

Pous Anicetus[1] is gebore in Sirië in die dorp Emesa, iewers tussen 92 en 100 en oorlede in 153 of 168. In 150 of 157 volg hy Pous Pius I op en word na sy dood opgevolg deur Pous Soter. Die naam Anicetus beteken “onoorwonne”.

Pontifikaat[wysig]

Hy begin as eerste kettery aan bande te lê, deur ongewenste strominge (soos die gnostisisme en montanisme) te verbied. Hy verbied ook priesters om lang hare te dra om hulle te onderskei van gnostici. Met Polikarpus (‘n dissipel van Johannes die Evangelis) debatteer hy oor die viering van die Paasfees. Polikarpus en sy kerk in Smirna vier Paasfees op 14 Nisan (‘n Joodse maand) wat ooreenkom met die kruisdood van Christus, terwyl die res van die Kerk dit op die volgende Sondag gevier het ter herdenking aan die opstanding. Die vroeë Christelike historikus Hegesippus het die pous geraadpleeg, iets wat dikwels gesien word as ‘n bewys vir die magsbasis van die Rooms-Katolieke Kerk in sy tyd.

Verering[wysig]

Anicetus is ‘n martelaar en word as heilige vereer. Moontlike sterfdatums is 16, 17 of 20 April. Sy feesdag is 20 April.

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

  • Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001, p. 13. ISBN 0-300-09165-6
  • Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, p. 19. ISBN 0-500-01798-0.
  1. Anicetus, Saint. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.

Nota[wysig]

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse en Duitse wiki.

Opvolging[wysig]

Voorafgegaan deur:
Pius I
Biskop van Rome
154167
Opgevolg deur:
Soter


Teenpouse

HippolitusNovatianusFelix IIUrsinusEulaliusLaurentiusDioscurusEugenius I - Theodorus IIPaschalis ITheofilactus - Konstantyn IIPhilippusJohannesAnastasiusChristoforusBonifatius VIIDonus II - Johannes XVIGregoriusSilvester IIIBenedictus XHonorius IIClemens IIITheodoricusAlbertusSilvester IVGregorius VIIICelestinus IIAnacletus IIVictor IVPaschalis IIICallixtus IIIInnocentius IIINicolaas VClemens VIIBenedictus XIIIAlexander VJohannes XXIIIClemens VIIIBenedictus XIV (Bernard Garnier) - Benedictus XIV (Jean Carrier)Felix V