Pous Silverius

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pous Silverius
Silverius.jpg
Pontifikaat begin 8 Junie 536
Pontifikaat eindig Maart 537
Voorganger Agapetus I
Opvolger Vigilius
Gebore  ???
Frosinone
Sterf 2 Desember 537
Pandataria

Silverius was die 58ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie[wysig]

Pous Silverius is die seun van Pous Hormisdas gebore voordat Hormisdas priester geword het. Op 8 Junie 536 volg hy Pous Agapetus I op en regeer tot hy afgeset word deur die Bisantynse generaal Belisarius in Maart 537. Daar word beweer dat hy sy pousskap gekoop het van koning Theodahad[verwysing benodig].Hy word opgevolg deur Pous Vigilius. Die naam ‘Silverius’ beteken 'bosman' in Latyn.

Pontifikaat[wysig]

Pous Silverius het die beleid van sy voorganger Pous Agapetus I om patriarg Antimus van Bisantium af te sit omdat hy 'n Monofisiet was, gesteun. Die beleid het hom baie onpopulêr gemaak in die Bisantynse Ryk.. Keiserin Theodora het daarom probeer om Vigilius pous te maak.

Rome is op 9 Desember 536 ingeneem deur Belisarius. Witiges die koning van die Oos-Gote het probeer om die stad te herower, maar sy beleg het die bevolking amper laat verhonger. Daar word beweer[verwysing benodig] dat Silverius dat stad aan Witiges wou verraai. Deur die poging tot verraad is hy in Maart 537 deur Belisarius gedegradeer tot gewoon monnik. Keiser Justinianus I het hom egter in sy waardigheid herstel. Vigilius het Silverius egter in die gevangenis gesit op die eiland Panditaria (teenswoordig Ventotene)[verwysing benodig]. Die Liber Pontificalis beweer egter dat Silverius na Palmarola verban is.

Volgens die "New Catholic Encyclopedia" (1966) is die datums van Pous Silverius se pontifikaat betwisbaar. Die begin is 1 of 8 Junie 536 tot ongeveer 11 November 537. Hy sterf waarskynlik op 2 Desember 537. Hy sou ook nooit heilige verklaar gewees het nie, maar net deur die mense as heilige aangeroep. Die eerste keer dat sy naam in die lys van heiliges genoem word is in die 11de eeu.

Verering[wysig]

Pous Silverius is 'n heilige in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is 2 Desember. Hy sou 'n groep vissers van die eiland Ponza wat deur 'n storm verras is en hom aangeroep het, gered het. Hy is die beskermheilige van die eiland.

Verwysings[wysig]

  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7

Eksterne skakels[wysig]


Nota[wysig]

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.

Opvolging[wysig]

Voorafgegaan deur:
Agapetus I
Pous (Pontifex Maximus)
536537
Opgevolg deur:
Vigilius


Teenpouse

HippolitusNovatianusFelix IIUrsinusEulaliusLaurentiusDioscurusEugenius I - Theodorus IIPaschalis ITheofilactus - Constantinus IIFilippusJohannes VIIIAnastasius IIIChristoforusBonifatius VII - Johannes XVIGregorius VISilvester IIIBenedictus XHonorius IIClemens IIITheodoricusAlbertusSilvester IVGregorius VIIICelestinus IIAnacletus IIVictor IV (Gregorius) - Victor IV (Octavianus)Paschalis IIICallixtus IIIInnocentius IIINicolaas VClemens VIIBenedictus XIIIAlexander VJohannes XXIIIClemens VIIIBenedictus XIVFelix V - Martinus IV - Moderne Teenpouse