Pous Innocentius I

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pous Innocentius I
Innocentius I.jpg
Pontifikaat begin 21 Desember 401
Pontifikaat eindig 12 Maart 417
Voorganger Anastasius I
Opvolger Zosimus
Gebore
Albano
Sterf 12 Maart 417
Ander pouse genaamd Innocentius

Innocentius I was die 40ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie[wysig]

Pous Innocentius I is in Albano gebore. Volgens Hieronimus van Stridon was hy die seun van sy voorganger Pous Anastasius I, maar die Liber Pontificalis beweer hy was die seun van Innocentius van Albano. Op 21 Desember 401 volg hy Pous Anastasius I op en regeer tot sy dood op 12 Maart 417. Hy word opgevolg deur Pous Zosimus. Die naam ‘Innocentius’ beteken ‘Onskuldige’.

Pontifikaat[wysig]

Tydens sy pontifikaat word Rome verower deur die Wesgote onder die leiding van Alarik I op 24 Augustus 410.

Pous Innocentius I het gestrewe na die uitbreiding van die mag van die biskop van Rome as die hoogste gesag in die beslegting van dispute. Sy briewe, wat behoue gebly het, aan Victricius van Rouen, Exuperius van Toulouse, Alexander van Antiogië en ander, sowel as sy optrede teen Theofilus van Alexandrië na die versoek van John Chrysostom bewys dat hy genoeg geleentheid daartoe gehad het. Hy het onder andere stelling ingeneem teen Pelagius ‘n Britse monnik wat die erfsonde verwerp het. Augustinus het hom in die opsig gesteun.

Verering[wysig]

Pous Innocentius I word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is 12 Maart (voorheen 28 Julie). Sy reliek is saam met die van sy voorganger Pous Anastasius I deur die Saksiese hertog Liudolf na Gandersheim gebring.

Verwysings[wysig]

  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7

Eksterne skakels[wysig]


Nota[wysig]

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.


Opvolging[wysig]

Voorafgegaan deur:
Anastasius I
Pous (Pontifex Maximus)
401417
Opgevolg deur:
Zosimus


Teenpouse

HippolitusNovatianusFelix IIUrsinusEulaliusLaurentiusDioscurusEugenius I - Theodorus IIPaschalis ITheofilactus - Constantinus IIFilippusJohannes VIIIAnastasius IIIChristoforusBonifatius VII - Johannes XVIGregorius VISilvester IIIBenedictus XHonorius IIClemens IIITheodoricusAlbertusSilvester IVGregorius VIIICelestinus IIAnacletus IIVictor IV (Gregorius) - Victor IV (Octavianus)Paschalis IIICallixtus IIIInnocentius IIINicolaas VClemens VIIBenedictus XIIIAlexander VJohannes XXIIIClemens VIIIBenedictus XIVFelix V - Martinus IV - Moderne Teenpouse