Pous Sixtus I

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pous Sixtus I
SixtusI.jpg
Geboortenaam Sixtus
Pontifikaat begin 115
Pontifikaat eindig 125
Voorganger Alexander I
Opvolger Telesforus
Gebore 42
Rome, Italië
Sterf 125
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Sixtus

Sixtus I was die sewende pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie[wysig]

Die oudste dokumente spel die naam as ‘’’Xystus’’’. Sixtus[1] was ‘n Romein en sy vader se naam was Pastor. Hy volg Pous Alexander I op en regeer van 115 tot 125 tydens die bewind van keiser Trajanus en later keiser Hadrianus. Hy word opgevolg deur Pous Telesforus. Die naam 'Xystus' beteken 'die beskaafde'.

Pontifikaat[wysig]

Tydens sy bewind het hy het die volgende drie ordonnansies uitgevaardig:

  • slegs gewyde priesters mag die heilige vaatwerk aanraak
  • biskoppe wat na die Vatikaan ontbied is, moet, wanneer hulle na hulle bisdom terugkeer, Apostoliese briewe toon.
  • Na die inleiding van die Mis moet die priester saam met die gelowiges die Sanktus opsê.

Verering[wysig]

Pous Sixtus I is heilig verklaar en hy word later as martelaar vereer. Sy feesdag is 6 April.

Hy is in die Vatikaan begrawe langs die graftombe van Petrus. Daar word gesê dat sy reliek oorgedra is na Alatri in 1132, maar O. Jozzi ("Il corpo di S. Sisto I., papa e martire rivendicato alla basilica Vaticana", Rome, 1900) beweer dat dit nog steeds in die Vatikaan is.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Pous Sixtus I (kategorie)
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)


Nota[wysig]

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse en Duitse wiki.

Bronne[wysig]

  • Maxwell-Stuart, P.G. (1997). Chronicle of the Popes. Thames Hudson Ltd., London. ISBN 0-500-01789-0
  1. Sixtus I, Saint . (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.

Opvolging[wysig]

Voorafgegaan deur:
Alexander I
Biskop van Rome
115125
Opgevolg deur:
Telesforus


Teenpouse

HippolitusNovatianusFelix IIUrsinusEulaliusLaurentiusDioscurusEugenius I - Theodorus IIPaschalis ITheofilactus - Constantinus IIFilippusJohannes VIIIAnastasius IIIChristoforusBonifatius VII - Johannes XVIGregorius VISilvester IIIBenedictus XHonorius IIClemens IIITheodoricusAlbertusSilvester IVGregorius VIIICelestinus IIAnacletus IIVictor IV (Gregorius) - Victor IV (Octavianus)Paschalis IIICallixtus IIIInnocentius IIINicolaas VClemens VIIBenedictus XIIIAlexander VJohannes XXIIIClemens VIIIBenedictus XIVFelix V - Martinus IV - Moderne Teenpouse