Pous Alexander I

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pous Alexander I
Pope Alexander I.jpg
Geboortenaam Alexander
Pontifikaat begin 106 of 109
Pontifikaat eindig 115 of 116
Voorganger Evaristus
Opvolger Sixtus I
Gebore
Rome, Italië
Sterf 3 Mei 115 of 116
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Alexander

Alexander I[1] was die sesde pous van die Rooms-Katolieke Kerk. Hy is die opvolger van Pous Evaristus en word op sy beurt opgevolg deur Pous Sixtus I. Hy word vereenselwig met die martelaar Alexander van die Via Nomentana, wie se naamdag op 3 Mei is, maar hiervoor is geen feitelike bewys nie. Irenaeus, wat kort na hom geleef het, sê niks oor sy vermeende martelaarskap nie. Die tydperk van sy pontifikaat is nie presies bekend nie. Party skrywers noem 106-115, ander 109-116. Eusebius, in Ecclesiastical History IV, IV, 1 beweer dat Alexander in die derde jaar van die bewind van die Romeinse Keiser Hadrianus oorlede is, nadat hy vir tien jaar lank biskop van Rome was. Volgens die tradisie is hy op 3 Mei, 115 in Rome oorlede. Hy is die beskermheilige teen kropsiekte (skildkliervergroting) en skrofulose (tuberkulose van die limfkliere in die nek).

Nota[wysig]

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse en Duitse wiki.

Bronne[wysig]

  • Maxwell-Stuart, P.G. (1997). Chronicle of the Popes. Thames Hudson Ltd., London. ISBN 0-500-01789-0
  1. Alexander I, Saint. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.

Opvolging[wysig]

Voorafgegaan deur:
Evaristus
Biskop van Rome
106115
Opgevolg deur:
Sixtus I


Teenpouse

HippolitusNovatianusFelix IIUrsinusEulaliusLaurentiusDioscurusEugenius I - Theodorus IIPaschalis ITheofilactus - Constantinus IIFilippusJohannes VIIIAnastasius IIIChristoforusBonifatius VII - Johannes XVIGregorius VISilvester IIIBenedictus XHonorius IIClemens IIITheodoricusAlbertusSilvester IVGregorius VIIICelestinus IIAnacletus IIVictor IV (Gregorius) - Victor IV (Octavianus)Paschalis IIICallixtus IIIInnocentius IIINicolaas VClemens VIIBenedictus XIIIAlexander VJohannes XXIIIClemens VIIIBenedictus XIV (Bernard Garnier) - Benedictus XIV (Jean Carrier)Felix V