Pous Johannes XIV

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pous Johannes XIV
Pope John XIV.jpg
Geboortenaam Petrus Campanora
Pontifikaat begin Desember 983
Pontifikaat eindig April 984
Voorganger Benedictus VII
Opvolger Johannes XV
Gebore
Pavia, Italië
Sterf 20 Augustus 984
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Johannes

Johannes XIV was die 136ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie[wysig]

Pous Johannes XIV is gebore as Petrus Campanora (of Canepanova) in Pavia, Italië. Voor sy verkiesing was hy biskop van Pavia. In Desember 983 volg hy Pous Benedictus VII op en regeer tot hy afgeset word in April 984. Hy word opgevolg deur Pous Johannes XV. Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig'.

Pontifikaat[wysig]

Pous Johannes XIV was 'n beskermeling van keiser Otto II. Toe die keiser sterf op 7 Desember 983 val die beskerming weg en word die pous in April 984 deur Teenpous Bonifatius VII in die tronk gesit en waarskynlik in opdrag van die teenpous daar vermoor (deur verwurging of verhongering) op 20 Augustus 984[1].

Johannes wou nie pous word onder sy eie naam 'Petrus' nie, omdat hy homself onwaardig geag het om dieselfde naam as die eerste pous, die apostel Petrus te dra. Geen pous het ooit weer die naam Petrus gedra nie.

Bibliografie[wysig]

  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.

Verwysings[wysig]

  1. "John XIV." Encyclopædia Britannica. 2008. Encyclopædia Britannica Online. 5 Junie 2008 <http://www.britannica.com/eb/article-9043764>

Eksterne skakels[wysig]

Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)


Nota[wysig]

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging[wysig]

Voorafgegaan deur:
Benedictus VII
Pous (Pontifex Maximus)
983984
Opgevolg deur:
Johannes XV


Teenpouse

HippolitusNovatianusFelix IIUrsinusEulaliusLaurentiusDioscurusEugenius I - Theodorus IIPaschalis ITheofilactus - Constantinus IIFilippusJohannes VIIIAnastasius IIIChristoforusBonifatius VII - Johannes XVIGregorius VISilvester IIIBenedictus XHonorius IIClemens IIITheodoricusAlbertusSilvester IVGregorius VIIICelestinus IIAnacletus IIVictor IV (Gregorius) - Victor IV (Octavianus)Paschalis IIICallixtus IIIInnocentius IIINicolaas VClemens VIIBenedictus XIIIAlexander VJohannes XXIIIClemens VIIIBenedictus XIV (Bernard Garnier) - Benedictus XIV (Jean Carrier)Felix V