Pous Markus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pous Markus
Marcus (papa).jpg
Geboortenaam Markus
Pontifikaat begin 18 Januarie 336
Pontifikaat eindig 7 Oktober 336
Voorganger Silvester I
Opvolger Julius I
Gebore
Rome, Italië
Sterf 7 Oktober 336
Rome, Italië

Markus was die 34ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie[wysig]

Pous Markus was waarskynlik ‘n Romein van geboorte, die seun van Priscus. Voor sy verkiesing was hy biskop van Ostia. Op 18 Januarie 336 volg hy Pous Silvester I op en regeer tot sy dood op 7 Oktober 336. Hy word opgevolg deur Pous Julius I. Die naam ‘Markus’ beteken gewy aan die (Romeinse) god Mars of ook gebore in Maart.

Pontifikaat[wysig]

Tydens sy pontifikaat word begin met die opstel van ‘n lys van martelare (Deposito Martyrum) en ‘n lys van biskoppe (Deposito Episcoparum). Hy het die biskop van Ostia gemagtig om die biskop van Rome in te seën. Hy het waarskynlik die die kerk San Marco laat bou asook die kerk bo-oor die katakombe van Balbina tussen die Via Appia en die Via Ardeatina. Pous Markus is in die katakombe van Balbina begrawe.

Verering[wysig]

Pous Markus word as heilige vereer en sy feesdag is 7 Oktober.

Verwysings[wysig]

  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
  • Liber Pontif., ed. DUCHESNE, I, 202-4;
  • URBAIN, Ein Martyrologium der christl. Gemeinde zu Rom am Anfang des V. Jahrh. (Leipzig, 1901), 198;
  • LANGEN, Gesch. der rom. Kirche, I, 423.

Eksterne skakels[wysig]

  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)


Nota[wysig]

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.

Opvolging[wysig]

Voorafgegaan deur:
Silvester I
Biskop van Rome
336336
Opgevolg deur:
Julius I


Teenpouse

HippolitusNovatianusFelix IIUrsinusEulaliusLaurentiusDioscurusEugenius I - Theodorus IIPaschalis ITheofilactus - Constantinus IIFilippusJohannes VIIIAnastasius IIIChristoforusBonifatius VII - Johannes XVIGregorius VISilvester IIIBenedictus XHonorius IIClemens IIITheodoricusAlbertusSilvester IVGregorius VIIICelestinus IIAnacletus IIVictor IV (Gregorius) - Victor IV (Octavianus)Paschalis IIICallixtus IIIInnocentius IIINicolaas VClemens VIIBenedictus XIIIAlexander VJohannes XXIIIClemens VIIIBenedictus XIVFelix V - Martinus IV - Moderne Teenpouse