Pous Felix I

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pous Felix I
PopeFelixI.jpg
Geboortenaam Felix
Pontifikaat begin 5 Januarie 269
Pontifikaat eindig 30 Desember 274
Voorganger Dionisius
Opvolger Eutichianus
Gebore
Rome, Italië
Sterf 30 Desember 274
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Felix

Felix I was die 26ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie[wysig]

Pous Felix I is ‘n Romein van geboorte. Op 5 Januarie 269 volg hy Pous Dionisius op en regeer tot sy dood op 30 Desember 274. Hy word opgevolg deur Pous Eutichianus. Die naam ‘Felix’ beteken ‘die gelukkige.

Pontifikaat[wysig]

Tydens sy pontifikaat ontvang hy die verslag van die sinode van Antiochieë geadresseer aan sy voorganger Pous Dionisius. Die sinode het die biskop Paulus van Samosata afgesit oor sy kettery oor die leerstelling van die Drie-eenheid. Die Liber Pontificalis meld dat Felix ‘n basiliek op die Via Aurelia opgerig het. Hy het meer duidelikheid gegee oor verskeie leerstellings en die ritus van die mis. Hy stel die dualiteit van Christus as twee persone, God en mens vas. Hy inisieer ook die leerstelling oor die Drie-eenheid. Hy staan ook toe dat martelare onder die altaar in kerke begrawe word en dat misse jaarliks op die grawe opgedra mag word. Hy het hom beywer vir die gelowiges wat onder keiser Aurelianus vervolg is en is uiteindelik self aan die vervolging as martelaar dood. Hy is bekend as die pous wat baie ywerig was in evangelisasie. Hy is begrawe in die katakombe van Callixtus.

Verering[wysig]

Pous Felix I word as heilige en martelaar vereer. Sy feesdag in die Rooms-Katolieke Kerk is op 30 Desember.

Eksterne skakels[wysig]

  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)


Verwysings[wysig]

Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7

Nota[wysig]

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.


Opvolging[wysig]

Voorafgegaan deur:
Dionisius
Biskop van Rome
269274
Opgevolg deur:
Eutichianus


Teenpouse

HippolitusNovatianusFelix IIUrsinusEulaliusLaurentiusDioscurusEugenius I - Theodorus IIPaschalis ITheofilactus - Konstantyn IIPhilippusJohannesAnastasiusChristoforusBonifatius VIIDonus II - Johannes XVIGregoriusSilvester IIIBenedictus XHonorius IIClemens IIITheodoricusAlbertusSilvester IVGregorius VIIICelestinus IIAnacletus IIVictor IVPaschalis IIICallixtus IIIInnocentius IIINicolaas VClemens VIIBenedictus XIIIAlexander VJohannes XXIIIClemens VIIIBenedictus XIV (Bernard Garnier) - Benedictus XIV (Jean Carrier)Felix V