Pous Pontianus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pous Pontianus
Pontian.jpg
Geboortenaam Pontianus
Pontifikaat begin 21 Julie 230
Pontifikaat eindig 25 September 235
Voorganger Urbanus I
Opvolger Anterus
Gebore
Sterf 29 September 235
Sardinië, Italië

Pous Pontianus was die agttiende pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie[wysig]

Op 21 Julie 230 volg Pous Pontianus Pous Urbanus I op en word op 28 September 235 opgevolg deur Pous Anterus. Hy is saam met ander kerkleiers soos Hippolitus deur keiser Maximus Thrax na Sardinië verban. As gevolg van die verbanning tree hy op 25 September 235 af. Hy sterf volgens die Liber Pontificalis nog dieselfde jaar weens die onmenslike omstandighede in die soutmyne. Die naam Pontianus beteken “brugman”.

Pontifikaat[wysig]

Tydens Pontianus se pontifikaat word die skisma van teenpous Hippolitus beëindig. Hy het die eerste gesangboek met psalms saamgestel en hy stel ook die groet "Dominus Vobiscum" (Die Here sy met U) in. In die jare 231 en 231 hou hy 'n sinode in Rome.

Verering[wysig]

Sy stoflike oorskot is deur Pous Fabianus na Rome gebring en begrawe in die Callixtus katakombe. Weens sy wrede dood is hy heilig verklaar en word ook as martelaar vereer. Oorspronklik was sy feesdag op 19 November maar tans word dit saam met die van Teenpous Hippolitus gevier op 13 Augustus. Sy grafskrif is in 1909 herontdek in die kripte van St. Cecilia (kerk) in Rome naby die pouslike kripte. Dit lees “PONTIANOS, EPISK.” (Pontianus, biskop). Die inskrywing “MARTUR” (martelaar) is deur iemand anders bygevoeg.

Eksterne skakels[wysig]

  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)

Verwysings[wysig]

  • The Catholic Encyclopedia, Volume XII. Published 1911. New York: Robert Appleton Company. Nihil Obstat, June 1, 1911. Remy Lafort, S.T.D., Censor. Imprimatur. +John Cardinal Farley, Archbishop of New York

Nota[wysig]

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.

Opvolging[wysig]

Voorafgegaan deur:
Urbanus I
Biskop van Rome
230235
Opgevolg deur:
Anterus


Teenpouse

HippolitusNovatianusFelix IIUrsinusEulaliusLaurentiusDioscurusEugenius I - Theodorus IIPaschalis ITheofilactus - Constantinus IIFilippusJohannes VIIIAnastasius IIIChristoforusBonifatius VII - Johannes XVIGregorius VISilvester IIIBenedictus XHonorius IIClemens IIITheodoricusAlbertusSilvester IVGregorius VIIICelestinus IIAnacletus IIVictor IV (Gregorius) - Victor IV (Octavianus)Paschalis IIICallixtus IIIInnocentius IIINicolaas VClemens VIIBenedictus XIIIAlexander VJohannes XXIIIClemens VIIIBenedictus XIVFelix V - Martinus IV - Moderne Teenpouse